Datasets:

Modalities:
Text
Formats:
text
Libraries:
Datasets
License:
Dataset Viewer
Auto-converted to Parquet
text
stringlengths
15
658
Openbare administrasie word beheers deur die demokratiese waardes en beginsels wat in die Grondwet verskans is, met inbegrip van die volgende beginsels:
'n Hoë standaard van beroepsetiek moet bevorder en ge handhaaf word.
Die voordelige, ekonomiese en doeltreffende aanwending van hulpbronne moet bevorder word.
Openbare administrasie moet ontwikkelingsgerig wees.
Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer word.
Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.
Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.
Deursigtigheid moet bevorder word deur die publiek van tydige, toeganklike en korrekte inligting te voorsien.
moet ontwikkel word ten einde menslike potensiaal tot die maksimum te ontsluit.
Openbare administrasie moet in die breë verteenwoordigend wees van die Suid -Afrikaanse bevolking, met indiensnemings- en personeelbestuurspraktyke wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig.
Nasionale wetgewing moet die bevordering verseker van die waardes en beginsels wat in subartikel vermeld word.
Die aanstelling in die openbare administrasie van 'n aantal persone op grond van beleidsoorwegings word nie uitgesluit nie, maar nasionale wetgewing moet dié aanstellings in die staatsdiens reguleer.
Wetgewing wat die openbare administrasie reguleer, kan 'n onderskeid maak tussen verskillende sektore, administrasies of instellings.
Die aard en funksies van verskillende sektore, administrasies of instellings van die openbare administrasie is tersaaklike faktore wat in aanmerking geneem moet word in wetgewing wat die openbare administrasie reël.
Die Kommissie is onafhanklik en moet onpartydig wees, en moet sonder vrees, begunstiging of vooroordeel sy bevoegdhede uitoefen en sy funksies verrig in die belang van die handhawing van 'n doeltreffende en bevoegde openbare administrasie en 'n hoë standaard van beroepsetiek in die staatsdiens.
Die Kommissie moet deur nasionale wetgewing gereguleer word.
Ander staatsorgane moet deur middel van wetgewende en ander maatreë ls die Kommissie bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van die Kommissie te verseker.
Geen persoon of staatsorgaan mag op die funksionering van die Kommissie inbreuk maak nie.
die waardes en beginsels wat in artikel 195 uiteengesit word, regdeur die staatsdiens te bevorder;
die organisasie en administrasie, en die personeelpraktyke, van die staatsdiens te ondersoek, te monitor en te evalueer;
maatreëls voor te stel om doeltreffende en bevoegde werkverrigting in die staatsdiens te verseker;
lasgewings uit te reik wat daarop gemik is om te verseker dat personeelprosedures met betrekking tot werwing, oorplasing, bevordering en ontslag voldoen aan die waardes en beginsels in artikel 195 uiteengesit;
verslag te doen ten opsigte van sy bedrywighede en die verrigting van sy funksies, met inbegrip van enige bevinding wat hy mag maak, lasgewings wat hy mag uitreik en advies wat hy mag gee, en om 'n evaluering te verskaf van die mate waarin daar voldoen word aan die waardes en beginsels in artikel 195 uiteengesit; en
die toepassing van personeel- en openbare administrasie-praktyke te ondersoek en te evalueer, en aan die toepaslike uitvoerende gesag en wetgewer verslag te doen;
ondersoek in te stel na griewe van werknemers in die staatsdiens oor amptelike handelinge of versuime, en gepaste regstellings aan te beveel;
die nakoming van toepaslike prosedures in die staatsdiens te monitor en te ondersoek; en
nasionale en provinsiale staatsorgane van advies te dien oor personeelpraktyke in die staatsdiens, met inbegrip van dié met betrekking tot die werwing, aanstelling, oorplasing, uitdienstreding en ander aspekte van die loopbane van werknemers in die staatsdiens.
ten opsigte van sy bedrywighede in 'n provinsie, aan die wetgewer van daardie provinsie.
een kommissaris vir elke provinsie ooreenkomstig subartikel deur die Premier van die provinsie benoem.
aanbeveel word deur 'n komitee van die Nasionale Vergadering wat proporsioneel saamgestel is uit lede van alle partye wat in die Vergadering verteenwoordig is; en
deur die Vergadering goedgekeur word by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die Vergadering.
aanbeveel word deur 'n komitee van die provinsiale wetgewer wat proporsioneel saamgestel is uit lede van alle partye wat in die wetgewer verteenwoordig is; en
deur die wetgewer goedgekeur word by 'n besluit aangeneem met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van die lede van die wetgewer.
Die prosedure vir die aanstelling van kommissarisse word deur 'n Parlementswet gereguleer.
'n Suid-Afrikaanse burger is; en
'n geskikte en gepaste persoon is met kennis of ervaring van administrasie, bestuur of die verskaffing van openbare dienste.
'n bevinding te dien effekte deur 'n komitee van die Nasionale Vergadering of, in die geval van 'n kommissaris wat deur die Premier van 'n provinsie benoem is, deur 'n komitee van die wetgewer van daardie provinsie; en
'n besluit van die Vergadering of die betrokke provinsiale wetgewer wat aangeneem is met 'n ondersteunende stem van 'n meerderheid van sy lede en waarin gevra word dat die kommissaris van die amp onthef word.
aanname deur die Vergadering van 'n besluit waarin gevra word dat daardie kommissaris van die amp onthef word; of
skriftelike verwittiging deur die Premier dat die provinsiale wetgewer 'n besluit aangeneem het waarin gevra word dat daardie kommissaris van die amp onthef word.
Die bedinge en voorwaardes van indiensneming in die staatsdiens moet deur nasionale wetgewing gereël word.
Werknemers is geregtig op 'n billike pensioen soos deur nasionale wetgewing gereël.
Geen werknemer van die staatsdiens mag begunstig of benadeel word slegs omdat dié persoon 'n bepaalde politieke party of saak steun nie.
Provinsiale regerings is verantwoordelik vir die werwing, aanstelling, bevordering, oorplasing en ontslag van lede van die staatsdiens in hul administrasies binne 'n raamwerk van eenvormige norme en standaarde wat op die staatsdiens van toepassing is.
HOOFSTUK 11 VEILIGHEIDSDIENSTE Grondliggende beginsels
Hierdie vasberadenheid om in vrede en harmonie te leef, belet elke Suid-Afrikaanse burger om deel te neem aan gewapende stryd, nasionaal of internasionaal, behalwe waar ingevolge die Grondwet of nasionale wetgewing daarvoor voorsiening gemaak word.
Nasionale veiligheid moet nagestreef word in ooreenstemming met die reg, met inbegrip van die volkereg.
Nasionale veiligheid is onderworpe aan die gesag van die Parlement en die nasionale uitvoerende gesag.
Instelling, struktuur en optrede van veiligheidsdienste
Die veiligheidsdienste van die Republiek bestaan uit 'n enkele weermag, 'n enkele polisiediens en enige intelligensiedienste wat ingevolge die Grondwet ingestel word.
Die weermag is die enigste wettige militêre mag in die Republiek.
Benewens die veiligheidsdienste ingevolge die Grondwet ingestel, kan gewapende organisasies of dienste slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.
Die veiligheidsdienste moet deur nasionale wetgewing gestruktureer en gereguleer word.
Die veiligheidsdienste moet optree, en moet hul lede oplei en van hulle vereis om op te tree, ooreenkomstig die Grondwet en die reg, met inbegrip van die volkeregtelike gewoontereg en van internasionale ooreenkomste wat die Republiek bind.
Geen lid van enige veiligheidsdiens mag 'n klaarblyklik onwettige bevel gehoorsaam nie.
Ten einde uitvoering te gee aan die beginsels van deursigtigheid en verantwoordingspligtigheid, moet veelpartykomitees van die Parlement toesig hou oor alle veiligheidsdienste op 'n wyse wat deur nasionale wetgewing of die reëls en orders van die Parlement bepaal word.
Die hoofdoel van die weermag is om die Republiek, sy territoriale integriteit en sy mense te verdedig en te beskerm, in ooreenstemming met die Grondwet en die volkeregtelike beginsels met betrekking tot die aanwending van mag.
Politieke verantwoordelikheid
'n Lid van die Kabinet moet vir verdediging verantwoordelik wees.
die tydperk waarvoor die mag na verwagting aangewend sal word.
Indien die Parlement nie sit gedurende die eerste sewe dae nadat die weermag aangewend is soos in subartikel beoog nie, moet die President die inligting wat in subartikel vereis word, aan die toepaslike toesighoudende komitee verskaf.
Bevel oor weermag
Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag is die Opperbevelhebber van die weermag, en moet die militêre bevelvoerders van die weermag aanstel.
Daar moet ooreenkomstig die opdragte van die Kabinetslid wat vir verdediging verantwoordelik is, oor die weermag bevel gevoer word onder die gesag van die President.
Staat van nasionale verdediging
die redes vir die verklaring;
Indien die Parlement nie sit wanneer 'n staat van nasionale verdediging verklaar word nie, moet die President die Parlement binne sewe dae vanaf die verklaring vir 'n buitengewone sitting byeenroep.
Burgerlike sekretariaat vir verdediging
Nasionale wetgewing moet die bevoegdhede en funksies van die polisiediens bepaal en moet die polisiediens in staat stel om sy verantwoordelikhede doeltreffend na te kom, met inagneming van die behoeftes van die provinsies.
Die doelstellings van die polisiediens is om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, die openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beskerm en te beveilig, en die reg te handhaaf en toe te pas.
Politieke verantwoordelikheid
om polisie-optrede te monitor;
om toesig te hou oor die doeltreffendheid en bevoegdheid van die polisiediens, waarby inbegrepe is die ontvangs van verslae oor die polisiediens;
om goeie betrekkinge tussen die polisie en die gemeenskap te bevorder;
om die doeltreffendheid van sigbare polisiëring te bepaal; en
om met die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, te sk akel met betrekking tot misdaad en polisiëring in die provinsie.
ingevolge hierdie Hoofstuk by hom berus;
ingevolge nasionale wetgewing aan hom opgedra is; en
in die nasionale polisiëringsbeleid aan hom toegewys is.
kan 'n provinsie ondersoek instel na, of 'n kommissie van ondersoek aanstel na, enige klagtes van polisie-onbevoegdheid of 'n verbrokkeling in betrekkinge tussen die polisie en enige gemeenskap; en
moet 'n provinsie aanbevelings doen aan die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.
By ontvangs van 'n klagte wat deur 'n provinsiale uitvoerende gesag ingedien is, moet 'n onafhanklike klagteliggaam vir die polisie deur nasionale wetgewing ingestel, ondersoek instel na enige beweerde wangedrag van, of oortreding begaan deur, 'n lid van die polisiediens in die provinsie.
Nasionale wetgewing moet 'n raamwerk voorsien vir die instelling, bevoegdhede, funksies en beheer van munisipale polisiedienste.
'n Komitee bestaande uit die Kabinetslid en die lede van die Uitvoerende Rade wat vir polisiëring verantwoordelik is, moet ingestel word om doeltreffende koördinering van die polisiediens en doeltreffende samewerking tussen die regeringsfere te verseker.
Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet 'n vrou of 'n man as die Nasionale Kommissaris van die polisiediens aanstel om die polisiediens te beheer en te bestuur.
Die Nasionale Kommissaris moet beheer oor die polisiediens uitoefen en dit bestuur ooreenkomstig die nasionale polisiëringsbeleid en die opdragte van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.
Die Nasionale Kommissaris moet met die instemming van die provinsiale uitvoerende gesag 'n vrou of 'n man as die provinsiale kommissaris vir daardie provinsie aanstel, maar indien die Nasionale Kommissaris en die provinsiale uitvoerende gesag nie oor die aanstelling kan ooreenkom nie, moet die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is, tussen die partye bemiddel.
soos deur nasionale wetgewing voorgeskryf; en
behoudens die bevoegdheid van die Nasionale Kommissaris om ingevolge subartikel beheer oor die polisiediens uit te oefen en dit te bestuur.
Indien die provinsiale kommissaris die vertroue van die provinsiale uitvoerende gesag verloor het, kan daardie gesag ooreenkomstig nasionale wetgewing gepaste verrigtinge vir die verwydering of oorplasing van, of tugstappe teen, daardie kommissaris instel.
Burgerlike sekretariaat vir polisie
'n Burgerlike sekretariaat vir die polisiediens moet deur nasionale wetgewing ingestel word om te funksioneer in opdrag van die Kabinetslid wat vir polisiëring verantwoordelik is.
Enige intelligensiediens, behalwe enige intelligensieafdeling van die weermag of die polisiediens, kan slegs deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, en slegs ingevolge nasionale wetgewing ingestel word.
Die President as hoof van die nasionale uitvoerende gesag moet 'n vrou of 'n man aanstel as hoof van elke intelligensiediens wat ingevolge subartikel ingestel word, en moet óf politieke verantwoordelikheid vir die beheer oor en bestuur van enige van dié dienste aanvaar, óf 'n lid van die Kabinet aanwys om dié verantwoordelikheid te aanvaar.
Bevoegdhede, funkies en monitering
die koördinering van alle intelligensiedienste; en
burgerlike monitering van die bedrywighede van dié dienste deur 'n inspekteur wat deur die President, as hoof van die nasionale uitvoerende gesag, aangestel word en wat goedgekeur is by 'n besluit van die Nasionale Vergadering aangeneem met 'n ondersteunende stem van minstens twee derdes van die lede van die Vergadering.
HOOFSTUK 12 TRADISIONELE LEIERS Erkenning
Die instelling, status en rol van tradisionele leierskap, volgens die gewoontereg, word behoudens die Grondwet erken.
'n Tradisionele owerheid wat 'n stelsel van gewoontereg naleef, kan funksioneer behoudens enige toepaslike wetgewing en gebruike, waarby ingesluit is enige wysiging of herroeping van daardie wetgewing of gebruike.
End of preview. Expand in Data Studio
README.md exists but content is empty.
Downloads last month
191

Collection including EdinburghNLP/south-african-lang-id