text
stringlengths 103
136k
| id
stringlengths 10
16
|
---|---|
Seën van Aäron
Selfs ná die vernietiging van die Tweede Tempel in Jerusalem, is die gebruik voortgesit in Joodse sinagoges, en vandag selfs in meeste Joodse gemeenskappe, dat die kohanim die aanbidders seën in die sinagoge tydens spesiale Joodse gebedsdienste.
Mag die HERE julle seën en julle beskerm – יְבָרֶכְךָ יהוה, וְיִשְׁמְרֶךָ (Jewārēg-gā Adōnāi wejisjmerēgā …) Mag die HERE Sy aangesig oor julle laat skyn en julle genadig wees – יָאֵר יהוה פָּנָיו אֵלֶיךָ, וִיחֻנֶּךָּ ("Jāʾēr Adōnāi pānāw ēlegā wigoennékkā …) Mag die HERE Sy aangesig na julle ophef en julle vrede gee – יִשָּׂא יהוה פָּנָיו אֵלֶיךָ, וְיָשֵׂם לְךָ שָׁלוֹם ("Jissā Adōnāi pānāw ēlegā wijāsēm legā, sjālōm.")
|
afr_Latn_300
|
Natoli
Dit kan verwys na: Gioacchino Natoli, (1940) Italiaanse landdros; Aldo Natoli (1906-1971), Italiaanse sakeman en politikus; Cav. Antonino Natoli (1857-1919), Frans-Italiaanse filantroop en sakeman; Guido Natoli (1893-1966), Italiaanse bankier; Giacomo Natoli (1846-1896), Italiaanse bankier en politikus; Giuseppe Natoli (1815-1867), Italiaanse staatsman; Luigi Natoli (1799-1875), Italiaanse Katolieke aartsbiskop; Vincenzo Natoli (1690-1770), Italiaanse landdros; Antonino Natoli, Italiaanse godsdienstige; Francesco Natoli, Italiaanse edelman; Giovanni I Natoli van Sperlinga, Sisiliaanse edelman; Luigi Natoli (1857-1941), Italiaanse skrywer.
|
afr_Latn_301
|
Spinnekopagtiges
Spinnekopagtiges of spinagtiges (Arachnida) is 'n biologiese klas van agtpotige geleedpotige diere. Dit is 'n hoogs suksesvolle groep wat hoofsaaklik grondlewende ongewerweldes, soos die spinnekoppe, skerpioene, bosluise, myte en 'n aantal kleiner groepe, bevat.
|
afr_Latn_302
|
Framingham
Framingham [ˈfreɪmɪŋˌhæm] is 'n nedersetting in die Middlesex-distrik (Middlesex County) van die Amerikaanse deelstaat Massachusetts met 'n bevolking van 68 318 volgens die sensus van 2010. Framingham, wat in 1700 gestig en sowat 30 km wes van Boston geleë is, is die 14de mees bevolkte munisipaliteit in die deelstaat.
Met TJX Companies, Inc. en Staples, Inc. het twee van die grootste Amerikaanse handelsreuse hulle hoofkwartier in Framingham, net soos Bose Corporation, 'n vervaardiger van oudio-toerusting met wêreldwye belange. Die Amerikaanse nuuskanaal CNN se program Money het Framingham in 2012 36ste geranglys in sy top 100-lys van die 100 mees leefbare plekke in die VSA.
Framingham het daarnaas op verskillende terreine baanbrekersrolle vervul asook geskiedenis geskryf. So was Crispus Attucks (1723–1770), 'n boorling van Framingham wat sy lewe in die Boston-slagting (Boston Massacre) verloor het, die eerste slagoffer wat in die stryd vir Amerikaanse onafhanklikheid gesneuwel het.
Die Golden Triangle ("Goue Driehoek"), 'n sakegebied wat naby die dorpsgrens met Natick geleë is, is een van die grootste winkelgebiede in Nieu-Engeland wat in 1951 'n baanbrekersrol gespeel het met die opening van die Shoppers World-opelug-winkelsentrum met vyftig besighede en 6 000 parkeerplekke - die tweede van sy soort in die Verenigde State en die eerste oos van die Mississippirivier. Ook die eerste onderwyserskollege en die eerste vrouegevangenis in die VSA is hier gevestig.
Framingham het daarnaas 'n leidende rol gespeel op die gebied van kardiologiese navorsing. Die sogenaamte Framingham-ondersoek oor koronêre hartsiektes en arteriosklerose was die eerste stelselmatige navorsingsprojek oor die oorsake en risikofaktore van dié siektes waarin 'n groot deel van die bevolking van Framingham aan geneeskundige toetse deelgeneem het. Framingham is onder meer vanweë sy representatiewe demografiese struktuur en die nabyheid van tersiêre navorsingsinsteelings soos die Harvard-universiteit en die Universiteit van Boston deur die Verenigde State se Gesondheidsdiens (United States Public Health Service, kort PHS) in 1948 vir dié projek gekies.
|
afr_Latn_303
|
Henri Bergson
Henri-Louis Bergson (Parys, 18 Oktober 1859 – Parys, 4 Januarie 1941) was 'n invloedryke Franse filosoof, veral gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu. Bergson oortuig baie denkers dat die prosesse van onmiddelike ervaring en intuïsie belangriker is as die abstrakte rasionaliteit en wetenskap om realiteit te verstaan. Bergson was ook die wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1927.
|
afr_Latn_304
|
Big Ben
Big Ben is die bynaam vir die grootste van die vyf klokke in die toring van die parlementsgebou in Londen. Dié bynaam word ook soms gebruik om na die hele horlosie of klokwerk en die kloktoring te verwys. Dit lui uurliks om die tyd aan te dui en word gereeld in Brittanje oor die radio gehoor. Big Ben word ook as 'n simbool van Londen en Brittanje gesien.
Big Ben weeg 13,5 ton en is in die kloktoring aan die noordelike kant van die Paleis van Westminster (die parlementsgebou) geïnstalleer. Dit is een van die swaarste klokke ter wêreld. Rondom die klok staan die opskrif: This bell was cast by George Mears of Whitechapel for the clock of the Houses of Parliament under the direction of Edmund Becket Denison QC in the 21st year of the reign of Queen Victoria in the year of our Lord MDCCCLVIII.
Amptelik staan die toring bekend as die Elizabeth-toring (Elizabeth Tower), 'n naam wat ter geleentheid van koningin Elizabeth II se diamantjubileum in 2012 aan die toring gegee is. Voorheen het dit slegs as die "Kloktoring" (Clock Tower) bekend gestaan. Die toring is ongeveer 16 verdiepings hoog en is in 1858 voltooi. Dit het intussen een van die bekendste bakens en ikoniese simbole van die Britse hoofstad en die hele Verenigde Koninkryk geword.
Big Ben is waarskynlik na die politikus sir. Benjamin Hall (1802–1867) genoem wat hom vir die bou van die klok beywer het. Sy reisende gestalte het aan hom die bynaam Big Ben gegee. Die groot klok is in 1858 geïnstalleer en die uurwerk het op 31 Mei 1859 begin tik. Die klok is in 1956 vir die eerste keer vir onderhoud gestop.
Big Ben self slaan uurliks op die volle uur. Die voorslag word elke kwartier deur die vier kleiner klokke wat daarom hang gelui.
|
afr_Latn_305
|
TCP/IP
TCP/IP is 'n versameling protokolle wat algemeen vir kommunikasie tussen rekenaars gebruik word. Die naam TCP/IP is 'n samestelling van die twee bekendste protokolle van die TCP/IP-protokolsuite, naamlik die transmissiebeheer-protokol (TCP) en het internetprotokol (IP). TCP/IP word as "TCP oor IP" uitgespreek. Die Internet is die grootste en bekendste TCP/IP-netwerk.
|
afr_Latn_306
|
Europese Sokkerkampioenskap 2016
Vir die eerste keer in die geskiedenis het 24 spanne vanuit verskeie Europese lande aan die toernooi deelgeneem. Dit is 'n uitbreiding van 8 spanne, waardeur daar ook 20 wedstryde meer gespeel is. Die sokkerspanne van Albanië, Noord-Ierland, Slowakye, Wallis en Ysland het vir die eerste keer aan die UEFA Europa-beker-toernooi deelgeneem.
Spanje was die tweemalige houer en die verdedigende kampioen van die UEFA-trofee, nadat hulle die toernooie in 2008 en in 2012 gewen het. Portugal het die trofee gewen nadat hulle die gasheer Frankryk op 10 Julie op die Stade de France in Saint-Denis met 1–0 in ekstra tyd geklop het en sodoende hul eerste Europese titel ingepalm het; Portugal het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 in Rusland gekwalifiseer. Die verdedigende kampioen Spanje is in die agtste eindrondte uitgeskakel.
|
afr_Latn_307
|
Chelicerata
Chelicerata is 'n subfilum van die geleedpotiges (Arthropoda). Die subfilum bestaan uit slegs twee biologiese klasse, naamlik Arachnida en Merostomata.
Arachnida (spinnekopagtiges) is 'n groot en suksesvolle grondlewende groep, wat die spinnekoppe, skerpioene en hul verwantes insluit.
Merostomata sluit die hoefysterkrap (Xiphosura) en die uitgestorwe seeskerpioene (Eurypterida) in. Die hoefysterkrap is 'n klein, ou groep wat vir miljoene jare relatief onveranderd oorleef het. Groepe soos hierdie word dikwels lewende fossiele genoem.
Die seespinnekoppe (Pycnogonida) kan moontlik aan die Chelicerata-subfilum behoort. Daar is genetiese bewyse wat dui dat hulle 'n ou sustergroep van al die ander lewende geleedpotiges kan wees. Daar is ongeveer 1 300 seespinnekopspesies.
Chelicerata het as seediere ontstaan. Die eerste bevestigde fossiele dateer 445 miljoen jaar terug tot die laat Ordovisium-tydperk. Hoewel net vier mariene spesies oorleef het, almal van hulle hoefysterkrappe, is daar meer as 77 000 spesies wat lug inasem, en daar kan soveel as 500 000 onbekende spesies wees.
Chelicerata is grootliks karnivories. Sommiges is egter heterotrofies, en leef van materiale wat deur ander organismes vervaardig word.
|
afr_Latn_308
|
Alcatraz-eiland
Alcatraz-eiland is 'n klein, rotsagtige eiland in San Francisco-baai in Kalifornië in die Verenigde State van Amerika, sowat 2 km van die kus af. Die eiland het aanvanklik in die middel 19de eeu 'n vuurtoring gehuisves, daarna 'n militêre fort, toe 'n militêre tronk en laastens, van 1934 af, 'n federale gevangenis. In 1963 is dit tot 'n museum verklaar.
Die eiland is hoofsaaklik bekend vir sy eertydse tronk. Weens die sterk seestrome in die baai en die uiters streng reëls vir gevangenes was dit bykans onmoontlik om daaruit te ontsnap. Dit het een van die berugste tronke in Amerika geword.
Van November 1969 af is die eiland vir langer as 19 maande deur 'n groep Indiane beset. Hulle was aanvanklik van San Francisco, maar later ook uit ander dele van die land. Die aktiviste het gemeen die eiland kwalifiseer as grond wat deur die Indiane teruggeneem kon word kragtens 'n verdrag van 1868. In 1986 is die eiland aangewys as 'n nasionale historiese landmerk.
Die naam Alcatraz kom van die oorspronklike Spaanse naam vir die eiland, Isla de los alcatraces ("Eiland van die pelikane"). Die naam is deur die Spaanse ontdekkingsreisiger Juan Manuel de Ayala aan die eiland gegee nadat hy opgemerk het groot hoeveelhede pelikane broei daar.
Alcatraz is een van talle eilande in San Francisco-baai. Volgens 'n dokumentêr van 1971 oor Alcatraz se geskiedenis is die eiland 511 x 180 m en is dit op sy hoogste punt tydens gemiddelde gety 41 m. Die algehele oppervlakte is 8,9 ha. Die seevoëlkolonie bestaan hoofsaaklik uit Kaliforniese meeue, kormorante en egrette.
Landmarke op die eiland sluit in die tronk se hoofselblok, eetsaal, die vuurtoring, die ruïnes van die hoofbewaardershuis en gemeenskapsaal, die paradegrond, gebou 64, die watertoring, die twee nywerheidsgeboue en die buitenste ontspanningsarea.
|
afr_Latn_309
|
Natalie Cole
Natalie Maria Cole (* 6 Februarie 1950 in Los Angeles; † 31 Desember 2015 aldaar) was 'n Amerikaanse sangeres, liedjieskryfster en aktrise wat teen die middel van die 1970's internasionale sukses met rhythm & blues-treffers soos This Will Be, Inseparable and Our Love behaal het.
Natalie Cole was die dogter van die befaamde jazz-sanger Nat King Cole (1919–1965) en het aanvanklik in kindersielkunde gestudeer. In 1972 het sy haar akademiese graad aan die Universiteit van Massachusetts behaal. Alhoewel sy onseker gevoel het oor 'n moontlike loopbaan in die musiekbedryf, het sy gedurende die somermaande 'n tydelike pos as sanger van 'n musiekgroep aanvaar en binnekort gereeld opgetree.
In 1974 het sy kennis gemaak met Chuck Jackson en Marvin Yancy, twee liedjieskrywers en platevervaardigers met wie sy begin saamwerk het. Danksy Jackson en Yancy se ondersteuning kon sy 'n platekontrak met Capitol Records onderteken. Vervolgens het Natalie Cole 'n reeks langspelers met rhythm & blues-gebaseerde titels vrygestel en reeds met haar debuutalbum Inseparable (1975) twee Grammy-pryse ingepalm, waaronder een as beste nuwe kunstenaar.
Haar tweede album, Natalie, het in die volgende jaar goudstatus behaal, terwyl sy met die enkelsnittreffer Sophisticated Lady nog 'n Grammy-prys verower het. Ook met haar volgende twee albums, Unpredictable (1977) en Thankful (1977), het sy groot sukses behaal. Albei langspelers het platinumstatus bereik.
Dwelmverslawing en 'n ernstige keelsiekte het Cole in die vroeë 1980's genoodsaak om haar musiekloopbaan tydelik te staak. Nadat sy die moeilikhede teen die einde van die dekade oorkom het, het sy van genre gewissel en omgeskakel na popmusiek met jazz-invloede. Haar terugkeer na die musiekbedryf het sy hoogtepunt in 1991 met die vrystelling van die dubbellangspeler Unforgettable... with Love bereik wat met Smile, The Very Thought of You en Mona Lisa sommige van haar pa se klassieke jazz-treffers bevat het. Vir die titellied is digitale opnametegnologie ingespan om 'n pa-en-dogter-duet te simuleer.
Die album, wat naas sy kommersiële sukses ook deur kritici gunstig ontvang is, was Cole se eerste langspeler wat die nommer een-posisie op die trefferlyste behaal het. Dit is met drie Grammy-pryse bekroon.
Latere albums het Take a Look (1993), Snowfall on the Sahara (1999) en Ask a Woman Who Knows (2002) ingesluit. Met Still Unforgettable het sy in 2008 nog eens hulde aan haar pa se repertoire gebring. Vir dié album, wat as 'n versameling van romantiese standaardtreffers opgeneem is, is die Grammy-prys vir die beste tradisionele vokale poplangspeler in 2009 aan Cole toegeken.
In 2000 het Natalie Cole haar outobiografie Angel on My Shoulder, wat in samewerking met Digby Diehl ontstaan het, gepubliseer. Haar laaste lewensjare is vertroebel deur die afsterwe van geliefdes – haar suster Carole en haar ma Maria wat in die ouderdom van 89 aan kanker oorlede is. Natalie Cole het self aan nierversaking gely en drie keer per week dialise ontvang.
Tydens die TV-program Larry King Live het sy moontlike orgaanskenkers om hulp gevra. Nadat haar niggie Jessica in 2009 tydens haar swangerskap in die ouderdom van 30 aan 'n beroerte dood is, het haar tant besluit dat Natalie Jessica se nier moes ontvang aangesien haar dogter as orgaanskenker geregistreer was.
In 2015 het Natalie Cole se gesondheidstoestand versleg. Sy is op Nuwejaarsaand 2015 in die Cedars Sinai Mediese Sentrum in Los Angeles aan hartversaking oorlede. Sy word oorleef deur haar jonger tweelingsusters, Timolin en Casey Cole. Natalie het haar laaste rusplek in Forest Lawn Memorial Park in Glendale gevind.
|
afr_Latn_310
|
Bradbury Building
Bradbury Building
304 South Broadway
Los Angeles, CA
Opgerig
1892 tot 1893 of 1894
Argitekte
Sumner Hunt, George Wyman
Boustyl
Neorenaissance
Amerikaanse kategorisering
Italian Renaissance Revival
Romanesque Revival
Bradbury Building is 'n argitektoniese baken en die oudste bewaarde sakegebou in die middestad van die Suid-Kaliforniese metropool Los Angeles.
Die gebou, 'n voortreflike voorbeeld van Italiaans-geïnspireerde kommersiële Neorenaissance-boukuns (Italian Renaissance Revival volgens die Amerikaanse argitektoniese kategorisering), is in 1893 in opdrag van die goudmynbou-magnaat Lewis L. Bradbury deur George Wyman volgens 'n ontwerp van Sumner Hunt opgerig. Die gebou se buitefasade is van bruin bak- en sandstene gemaak en versier met terracotta-panele. Die smeedyster in sy interieur is in Frankryk ontwerp en vervaardig en ter geleentheid van die wêreldtentoonstelling World's Columbian Exposition 1893 (ook The Chicago World's Fair genoem) in Chicago vertoon voordat dit in Los Angeles geïnstalleer is. Die wandelgange in die atrium word deur 'n glasdak van natuurlike daglig voorsien.
Die gebou kom in in 'n verskeidenheid fiktiewe literêre werke voor en is daarnaas weens sy besondere atmosfeer baie kere as toneel vir rolprente (waaronder Ridley Scott se wetenskapsfiksie-meesterwerk Blade Runner van 1982), televisie-programme en musiek-video's gekies.
In 1971 is die gebou by die National Register of Historic Places ingesluit en in 1977 tot Nasionale Historiese Baken (National Historic Landmark) verklaar - as een van slegs vier kantoorgeboue in Los Angeles wat ooit in dié kategorie vereer is.
|
afr_Latn_311
|
Pelikaan
'n Pelikaan is 'n groot watervoël met 'n lang snawel, 'n groot keelsak (of beksak) en gewebde pote. Daar is agt lewende spesies wat aan die biologiese familie Pelecanidae en genus Pelecanus behoort. Hulle het 'n onreëlmatige globale verspreiding, maar is afwesig van die Suid-Amerikaanse binneland, sowel as die poolstreke en die oop see.
Pelikane word tot 1,80 meter lank en kan 'n vlerkwydte van 3 meter hê. Hulle word tot 14 kilogram swaar en kan tot 35 jaar oud word. Die witpelikaan en kroeskoppelikaan is die grootste vlieënde voëls. Hulle is ook bedrewe swemmers en kan tot 6 km/h swem.
Dié voëls vreet vis, wat hulle met hulle snawels uit die water skep. Pelikane het 'n groot snawel met 'n keelsak (tussen die onderkant van die snawel en die keel). Die water word gedreineer deur die kop omhoog te hou voordat die vis afgesluk word. Hulle jag in groepe en klap hul vlerke uitbundig om skole vis te omsingel of na vlak water te dryf. As voedsel skaars is, sal hulle ook ander voëls se kuikens vreet.
Pelikane is sosiale voëls, wat nie net saam jag nie, maar ook in kolonies broei, waar hulle dig op mekaar sit. Die vier spesies met wit vere is geneig om hul neste op die grond te maak, terwyl die vier met bruin of grys vere hoofsaaklik neste in bome bou. In aanhouding broei hulle net in groot groepe.
Hulle lê een tot drie eiers, maar gewoonlik twee. Die broeitydperk is 38 tot 45 dae. Die kuikens word kaal, sonder vere gebore. Binne 'n paar dae begin bruin donsveertjies groei. Hulle voed uit hulle ouers se keelsakke.
|
afr_Latn_312
|
Gereformeerde kerk Agulhas
Die Gereformeerde kerk Agulhas is 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op Bredasdorp, maar dit sluit ook die dorpe Agulhas, Napier, Riviersonderend, Struisbaai, Swellendam en Waenhuiskrans in. Met 38 belydende en geen dooplidmate einde 2015 was dit toe die kleinste van die 20 gemeente in die Klassis Boland, wat die hele Wes- en Suid-Kaap beslaan. Dit was een minder lidmaat as 'n jaar vantevore.
Lidmate van die omgewing van Bredasdorp het eers ingeskakel by die Gereformeerde kerk Strand, maar namate die lidmaattal vanaf die vroeë negentigerjare toegeneem het, het die drie drang na 'n eie plek van aanbidding ál sterker geword. Op 11 November 1990, tydens die laaste diens wat ds. Peet Aucamp op Bredasdorp gelewer het, het hy in die konsistorieboek aangeteken dat dié wyk die kerkraad van die Strand versoek het om ondersoek te doen na die oprigting van 'n kerkgebou op Bredasdorp.
Eers in 1994 het die handjie vol lidmate in die omgewing van Bredasdorp ernstige gesprekke oor die oprigting van 'n eie kerkgebou begin voer. Destyds is die erf in Plantasiestraat reeds aangekoop. In 1995 het die moedergemeente se kerkraad die versoek om oor te gaan toe kerkbou goedgekeur.
Ds. Jan-Louis du Plooy het op 26 Februarie 1996 die eerste sooi gespit en reeds teen 5 April daardie jaar was die basiese struktuur klaar. Namate die bouaannemer se werk gevorder het, het spanne van Kleinmond, Hermanus en die Strand opgedaag om die terrein skoon te maak, bloekombome uit te kap, te verf, elektrisiteit en water aan te installeer en die afronding aan die gebou te doen.
Ds. Du Plooy kon in Julie 1996 die eerste diens in die voltooide kerk hou. Kort daarna het 'n berig in Die Kerkblad (die orgaan van die GKSA) verskyn dat die Gereformeerde kerk Hofmeyr ontbind het en dat al die meubels te koop aangebied word deur die gemeente Steynsburg, wat gemagtig is om met die meubels en kerkgebou te handel. Ds. Du Plooy, oudl. Carl Lohann en Stoney Steenkamp is afgevaardig om in die Noordoos-Kaap met Steynsburg oor die aankoop van die meubels te gaan onderhandel. Daarna het die kerkraad van Steynsburg besluit om die klok, orrel, meubels, preekstoel, matte en banke te skenk. 'n Kopergedenkplaat agterin die Agulhas kerk herdenk hierdie skenking.
Die voltooide en gemeubileerde kerkgebou is op Sondag 13 Oktober 1996 feestelik in gebruik geneem. Tien jaar en twee dae later (op 15 Oktober 2006) het Agulhas afgestig en selfs 10 jaar later was dit steeds die jongste gemeente in die Klassis Boland.
|
afr_Latn_313
|
Gereformeerde kerk Barberton
Die Gereformeerde kerk Barberton is 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die dorp Barberton in Mpumalanga, maar dit sluit ook omliggende nedersettings soos Kaapmuiden in asook die sentraal-westelike deel van eSwatini.
Barberton het in 1945 met 17 belydende en 17 dooplidmate van die Gereformeerde kerk Carolina afgestig. Einde 2015 was hier 14 dooplidmate (drie minder as 'n jaar vantevore), maar die belydende lidmate het op 65 gestaan (drie meer as 'n jaar vantevore), nadat dit einde 1997 onderskeidelik 79 en 143 was.
Aan die begin het lidmate in 'n saal op die gevangenisterrein, in die hofsaal, in die landdros se woonhuis en in die NG gemeente se kerksaal vir eredienste bymekaargekom.
Net vier jaar ná afstigting kon die gemeente 'n kerkgebou oprig en in gebruik geneem. Omdat die lidmaattal destyds mooi toegeneem is, is dié gebou later vergroot. Danksy die tweede vergroting, in die jare 1970, bied dit nou sitplek aan 250 kerkgangers. Daar is 'n besonder mooi pyporrel in die kerk. Dié gebou se koste is deur die vrouelidmate gedra, wat geld ingesamel het met die bak en verkoop van koeksisters en melkterte.
Eredienste vind elke Sondag om 9 uur plaas in die kerkgebou te Stanleystraat 1.
|
afr_Latn_314
|
Gereformeerde kerk Belfast
Die Gereformeerde kerk Belfast is 'n gemeente in die GKSA se Klassis Lydenburg en Oostelike Streeksinode (Mpumalanga).
Dit was nog altyd 'n betreklik klein gemeente: In 1960 was hier 86 belydende en 64 dooplidmate, in 1997 78 en 25, en in 2015 27 en sewe. Benewens Belfast, sluit die gemeentegrense oor die dorpe Dullstroom (waar die plaaslike Gereformeerde kerk van 1919 tot 1963 bestaan het) en Machadodorp in. Omdat die gemeente so min belydende lidmate het, word dit deur ds. P.W. Kuypershoek bedien wat ook verantwoordelik is vir die Gereformeerde kerk Middelburg, Mpumalanga.
Ds. M.P.A. Coetsee het van 1894 af in die pastorie op die dorp gewoon, maar die Gereformeerde kerk Belfast is eers op 16 Maart 1906 gestig. Tot 1961 het die lidmate in die ou kerkie in Erasmusstraat op Belfast byeengekom. Dié gebou se hoeksteen is reeds op 25 Mei 1895 gelê. Dié kerkie was doelmatige en jare lank deel van die gemeente se bestaan, maar die ongemaklike banke het dikwels aanleiding tot ontevredenheid gegee. Daarom is met die oprigting van die nuwe kerk baie aandag aan die gemak van die kerkbanke geskenk.
Die tweede en huidige kerk is in 1961 in MacDonaldstraat opgerig volgens die plan van die bekende Gereformeerde argitek Johan de Ridder. Toe die ou kerkie verkoop is, is die hoeksteen daaruit verskuif en in die nuwe gemonteer sodat dit vir die gemeente behoue kon bly.
|
afr_Latn_315
|
Gereformeerde kerk Bellville-Oos
Die Gereformeerde kerk Bellville-Oos is die grootste gemeente in die GKSA se Klassis Boland, wat die hele provinsie Wes-Kaap beslaan.
|
afr_Latn_316
|
Gereformeerde kerk Brits
Die Gereformeerde kerk Brits is die vierde oudste van die sewe gemeentes in die GKSA se Klassis Krokdodilrivier. Die gemeente se middelpunt is die dorp Brits in die provinsie Noordwes waar in 1972 ook die Gereformeerde kerk Brits-Wes tot stand gekom het.
Lidmate in die oostelike wyke van die Gereformeerde kerk Rustenburg, die eerste Gereformeerde gemeente in Suid-Afrika, het op 20 Oktober 1911 as die Gereformeerde kerk Soutpansdrift afgestig, waarvan die naam later Krokodilrivier geword het. Vyf en twintig jaar later en wel in 1936 het Brits van Soutpansdrift afgestig. Ses maande later het lidmate van Schietfontein – 'n wyk van die Gereformeerde kerk Pretoria – en van Hartbeesfontein en Sandfontein – wyke van Die Moot – by die gemeente Brits aangesluit.
Destyds het die gemeente nog nie grond besit nie waarop hulle 'n kerkgebou kon bou nie, maar ene Karouzki het deur Paul Fouché 'n erf aan die gemeente geskenk. Dié skenking egter van die hand gewys, bes moontlik as gevolg van 'n probleem wat die kerkraad met die skenker gehad het. Later het hulle 'n erf bekom en in Mei 1941 het bouwerk aan die kerk begin. Chrisjan Briel, 'n lidmaat, was die bouaannemer. Ds. P.W. van der Walt het die hoeksteen op 15 Januarie 1942 gelê en vier maande later is die gebou in gebruik geneem. Dié gebou is in die styl van destyds en in die vorm van 'n saalkerk opgerig. Aan die voorkant was 'n groot, eenvoudige Kaaps-Hollandse gewel. Die voordeur is afgeskut met 'n kleiner gewel, soortgelyk aan die grote. Die toring is aan die linkerkant teenaan die kerkgebou opgerig met 'n eie ingang vir die koster om die klok te lui. 'n Weerhaan van metaal is bo-op die toring aangebring. Chrisjan Briel het glo die patroon van die skaduwee van 'n lewende hoenderhaan afgeteken terwyl 'n lantern die haan se silhoeët teen 'n muur van sy huis afgebeeld het.
Die gemeente het aan die begin 'n klein orrel gebruik wat op die galery gestaan het. Later is 'n groot orrel aangekoop en die pype is langs die preekstoel aangebring.
In die vroeë 1950's het die gebou te klein geword en het die kerkraad 'n nuwe kerk begin beplan. Die firma Neethling en Bosman het die plan geteken, Van Heerden was die bou-ingenieur en die bouaannemer was P.R. de Jager. Dié gebou is in die tipiese tentstyl (die sogenaamde kappiekerk) ontwerp; in dié geval laag agter en hoog voor. Dit het 'n teëldak en die voor- en agtermure is van gekleurde glas. Die preekstoel het 'n breë basis wat skuins na bo vernou. Ds. P.W. van der Walt het ook die tweede kerk se hoeksteen gelê, en wel op 12 Oktober 1957, 21 jaar ná die gemeente se stigting.
In 2015 het Brits 391 belydende en 82 dooplidmate gehad, vergeleke met 467 en 107 vier jaar vantevore.
|
afr_Latn_317
|
Gereformeerde kerk Brits-Wes
Die Gereformeerde kerk Brits-Wes is die tweede gemeente van die GKSA op die dorp Brits in die provinsie Noordwes.
Brits-Wes het in 1997 186 belydende en 65 dooplidmate gehad, maar in 2014 164 en 35, wat binne 'n jaar afgeneem het tot onderskeidelik 150 en 27. Die afname in die gemeente Brits tussen 2014 en 2015 was kleiner: die belydende lidmate het afgeneem van 401 tot 391 en die dooplidmate van 87 tot 82.
Die Gereformeerde kerk Brits het op 20 Januarie 1972 besluit om oor te gaan tot afstigting. Dit het daartoe gelei dat Brits-Wes op 4 Junie daardie jaar formeel van Brits afgestig het. Kort daarna is 'n stuk grond van 9 ha aan die Sonop-pad gekoop.
In die beginjare moes die gemeente heelwat rondval om 'n geskikte lokaal vir eredienste te kry; daarom het lidmate daarna verlang om 'n eie kerkgebou op te rig en as volwaardige kerk te kon optree. Eers het dit gelyk of 'n geldgebrek dié ideaal sou kelder, maar in 1976 het die kerkraad besluit om 'n boufonds te begin en daarmee deur te druk. 'n Jaar later het dit reeds op R31 000 gestaan.
Die pastorie is in Februarie 1978 voltooi en net daarna kon bouwerk aan die kerkgebou begin. Die argitek was G.T. de Villiers en die koste sou R143 000 beloop. Dr. P.J. Pelser het die gedenksteen op 16 September 1978 onthul en net meer as 'n maand later het die gemeente die gebou betrek. Die kerk is seskantig en het betonpanele as buitemure. Die Persutu-boumetode is gebruik. 'n Seskantige koepel met vensters rondom verskaf die lig in die gebou.
|
afr_Latn_318
|
Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit
Die Gereformeerde kerk Bronkhorstspruit (voorheen bekend as Erasmus) is die naasoudste gemeente in die GKSA se Klassis Pretoria-Moot en volgens sieletal einde 2015 die vierde grootste van die 13 kerke in dié klassis. Soos die naam aandui, is die gemeente se middelpunt op die dorp Bronkhorstspruit.
|
afr_Latn_319
|
Gereformeerde kerk Buffeldoorns
Die Gereformeerde kerk Buffeldoorns is 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Wes-Randse dorp Fochville, maar dit sluit ook onder meer Oos-Driefontein, Deelkraal en Elandsrand in. Die gemeente se belydende lidmate het in 2015 183 getel en die dooplidmate 38.
|
afr_Latn_320
|
Gereformeerde kerk Cachet
Die Gereformeerde kerk Cachet is die GKSA se studentegemeente in Potchefstroom.
Die gemeente is op 20 Junie 1971 gestig. Dit is nie genoem na wyle prof. Jan Lion Cachet nie, maar na die omgewing waarin dit gestig is en waar ook 'n Cachet-stasie, -park en –poskantoor is.
Cachet se lidmate, meestal studente, het eers eredienste in die Totiusgedenksaal en Nagmaal in die kerkgebou van die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Noord gehou. Vir ander vergaderings en byeenkomste het hulle gebruik gemaak van die geriewe van die gemeentes Potchefstroom-Noord en Noordbrug.
Die gemeente se eerste kerkkantoor, waar die meeste van die gemeente se beplanning plaasvind, is in 1980 betrek en die tweede in 1986, by Hoffmanstraat 18. Van 1979 tot vandag hou die gemeente eredienste in die Sanlam-ouditorium aangrensend aan die studentesentrum. In 2007 is 'n gemeentesentrum (sonder 'n kerkgebou) by Hoffmanstraat 28 ingerig. Dit was eers prof. Cassie Venter, hoogleraar aan die plaaslike teologiese skool van 1985 tot 2005, se huis. Die predikante en sekretaresse se kantore is hier asook 'n koffiekroeg, braaigeriewe, 'n onthaalvertrek en vergaderplek.
Terwyl die meeste Gereformeerde kerke se lidmaattal wissel na gelang van bevolkingsveranderings binne sy gemeentegrense, is Cachet se lidmaattal net afhanklik van die getal Gereformeerde studente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus wat by die gemeente wil inskakel, want sy lidmate sluit alle koshuise en woonhuise van die Pukke in asook studente wat op die dorp woon. Spesiale voorsiening word gemaak vir Tswanasprekende studente en 'n Tswanasprekende wyk wat bedien word deur 'n Tswanasprekende hulppredikant. Cachet het einde 1997 415 belydende en 35 dooplidmate gehad, einde 2014 was dit onderskeidelik 807 en 78 en 'n jaar later 738 en 75.
|
afr_Latn_321
|
Gereformeerde kerk Carletonville
Die Gereformeerde kerk Carletonville is 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die myndorp Carletonville, maar dit sluit ook onder meer Blinkpan, Blyvooruitzicht, Deelkraal, Doornfontein, Elandsrand, Oberholzer en Oos-Driefontein. Hoewel die gemeente eers in 1953 gestig is, is dit die naasoudste in die Klassis Wesrand. Die oudste, Krugersdorp, is in 1896 gestig as die eerste Gereformeerde kerk aan die Rand.
|
afr_Latn_322
|
Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden - Gegen Ersteres und für Letzteres
Soll die plattdeutsche Sprache gepflegt oder ausgerottet werden – Gegen Ersteres und für Letzteres (Duits: Moet Platduits uitgebou of uitgeroei word – teen eersgenoemde en vir laasgenoemde) is 'n essay geskryf deur Ludwig Wienbarg in 1833. Daarin stel hy dat die Platduitse taal 'n struikelblok is om die hele Duitse volk te verenig met een taal, Hoogduits. Daarin beskou hy ook die Platduitse taal as die oorsaak van die Nedersaksers se agterlikheid en verkrampheid. Hierdie eng siening van Nederduits moet in skrille kontras gesien word met die "ryk" Beierse dialekte in die Suide, wat ongesteurd hul gang gegaan het.
|
afr_Latn_323
|
Waterski
Waterski is 'n sportsoort waartydens die beoefenaar op spesiaal ontwerpte breë skiplanke teen 'n hoë snelheid deur 'n motorboot oor die water getrek word. Die sport het reeds in die vroeë twintigerjare uit die snelbootvaart ontwikkel. Teen 1940 was die sport al so ver ontwikkel dat wedstryde georganiseer is.
In 1946 is die internasionale bestuursorganisasie, die Union Mondiale de Ski Nautique (UMSN), gestig. By waterskikompetisies word daar in 3 afdelings meegeding, naamlik slalom, figuurski en spronge. Waterski is 'n jong sportsoort omdat dit eers moontlik geword het na die ontwikkeling van vinnige motorbote. Die minimumsnelheid waarby daar geski kan word, is 25 km/h.
Die voorloper van die waterskiplank was die akwaplank (die sogenaamde aquaplane), 'n plank wat sowat 2 m lank was en met 'n tou agter aan 'n boot vasgebind is. Die skiër het aan 'n hekkie wat op die plank bevestig was, vasgehou, en met die konstruksie kon die skier slegs voortgesleep word. In 1924 het die Amerikaner Fred Waller 'n akwaski, die voorloper van die moderne waterski, ontwerp.
Ook in Frankryk was daar groot belangstelling in waterski, en 'n aantal offisiere sou reeds in 1920 op die Lac d'Annecy probeer ski het. Die eerste groot waterski-wedstryde is in 1935 by Long Island gehou. In die veertigerjare het die gewildheid van die sport veral in die VSA en lande aan die Middellandse See toegeneem. In 1947 het Dick Pole in Florida 'n waterski-demonstrasie op kaal voete gegee, 'n variasie wat tans amptelik erken word.
Slalom, spronge en figuurski word elk met 'n ander soort ski gedoen. Die slalomski is gewoonlik sowat 1,70 m lank en 20 cm breed en loop aan die agterkant uit in 'n ronde punt, terwyl dit aan die onderkant 'n, ronde stabilisator het. Die springski is groter en sterker as die slalomski (om die slag te absorbeer waarmee die skiër die water na die sprong tref), met 'n reguit agterkant met 'n smal en ietwat langer stabilisator.
Vir figuurski word 'n ski van sowat 1,20 tot 1,40 m gebruik wat ovaalvormig is en waarvan die voor- en agterpunte opgebuig is. Die ski het geen stabilisator nie. Die baan vir slalomwedstryde strek oor 259 m. Boeie word gebruik om die toegangs - en uitgangspoort aan te dui, en die boot vaar in 'n reguit lyn van poort tot poort. Aan weerskante van die lyn is daar drie boeie waaromheen die skiër moet beweeg.
As hy om die boei gaan, kry die skiër 'n halwe punt, terwyl hy 'n bykomende punt kry as hy voor die volgende boei in die kielsog van die boot is. Elke deelnemer moet die baan 'n paar keer voltooi. Die baan word elke keer moeiliker gemaak deur die snelheid van die boot te verhoog en deur die lyn waaraan die skiër vashou, korter te maak. Teenswoordig word die slalom uitsluitend op een ski uitgevoer.
Spronge word uitgevoer oor 'n skuinsvlak van 3,70 X 6,40 m tot 4,30 X 6,70 m wat vir mans 'n hoogte van 1,65 tot 1,80 m en vir vroue 'n hoogte van 1,50 m het. Die skiër kry drie kanse, waarvan die beste in berekening gebring word. Die hoogste snelheid waarteen die boot mag beweeg, is 57 km/h vir mans en 48 km/h vir vroue.
Die lengte van die skilyn is 23 m. 'n Figuurski-wedstryd bestaan uit 2 afdelings van 20 sekondes elk. In die tyd moet die skiër, wat die snelheid van die boot en die lengte van die sleeplyn self mag bepaal, soveel moontlik van die sowat 70 erkende figure uitvoer. Hy mag dit op een of twee ski's doen. Na gelang van die moeilikheidsgraad van die figure, word punte van 20 tot 500 aan hom toegeken.
|
afr_Latn_324
|
Broekie
Vir die onderklere deur mans gedra, sien onderbroek
Broekies of 'n onderbroekie (tipies panties genoem in Amerikaanse Engels of knickers in Britse Engels) is 'n vorm van onderklere deur vroue gedra. Broekies is meestal vormgepas, maar kan ook los wees.
Tipiese komponente sluit in 'n elastiese lyfband, 'n kruispaneel wat die skaamdele bedek (gewoonlik gevoer met absorberende materiaal soos katoen), en 'n paar beenopeninge wat, soos die lyfband, dikwels van elastiese materiaal gemaak word. Verskillende materiale word gebruik, maar gewoonlik word stowwe verkies wat kan "asemhaal" (vryelik ventileer).
Terwyl broekies oorspronklik ontwerp is om die hele onderste helfte van die vroulike liggaam te bedek, het dit sedert die 1970's óf geen bene gehad nie, óf in meeste gevalle baie kort bene wat toenemend korter geraak het met die verloop van tyd.
|
afr_Latn_325
|
Onderbroek
'n Onderbroek (dikwels afgekort tot pants in Britse Engels) is 'n onderkledingstuk wat die liggaam van die middellyf of heupe tot bo-aan die dye of knieë bedek. In Britse Engels verwys die term na mansonderklere, terwyl dit in die VSA geslagsneutraal is. Die ekwivalent vir vroue se onderklere is broekies ( panties).
|
afr_Latn_326
|
Roeipotiges
Roeipotiges of pelikaanagtiges (Pelecaniformes) is 'n biologiese orde van medium-groot en groot voëls, wat uit 5 families en 111 spesies bestaan. Hulle word wêreldwyd aangetref. Die meeste van hierdie voëls het swemvliese aan hul pote. Hulle behoort tot die klade van watervoëls.
Tradisioneel (maar verkeerdelik) is alle voëls met vier gewebde tone aan hulle pote onder die klas ingedeel. Die meeste spesies het 'n kaal vlek aan die keel. Hul neusgate het in splete ontwikkel wat nie behoorlik werk nie. As gevolg hiervan haal hulle deur hul bekke asem. Hulle vreet vis, pylinkvis en soortgelyke seediere.
Roeipotiges broei in kolonies, maar die individuele voëls is monogaam (paar lewenslank met dieselfde maat). Die kuikens is aanvanklik naak (sonder vere), totaal hulpeloos en word deur hul ouers versorg.
|
afr_Latn_327
|
Joseph Albrecht
Joseph Albrecht (1894–1977) was 'n Suid-Afrikaanse akteur, skrywer, vervaardiger en rolprentregisseur. Albrecht word soms die vader van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf genoem. Hy debuteer in 1916 met A Zulu's Devotion en maak die eerste Afrikaanse rolprente, Sarie Marais (1931) en Moedertjie (1931).
Sarie Marais en Moedertjie is die eerste Suid-Afrikaanse films met klank en is boonop in Afrikaans verfilm. Moedertjie is die eerste vollengte-rolprent met Afrikaanse dialoog, terwyl Sarie Marais slegs Afrikaanse musiek bevat, met Chris Blignaut en die Melodians wat op die klankbaan sing.
Albrecht is per geleentheid na 'n vertoning van Pierre de Wet se film, Pinkie se Erfenis (1946) in Germiston se stadsaal genooi. As Engelsman wat in Londen gebore is, kon hy skaars 'n woord Afrikaans verstaan. Die gehoor se reaksie het hom egter laat besef dat dit die moete werd is om geld in die Afrikaanse rolprent te belê. Pierre de Wet is daarna as die eerste beroepsvervaardiger van Afrikaanse rolprente aangestel.
Albrecht was op 'n stadium ontevrede omdat Afrikaanse karakters aandpakke in De Wet se rolprente gedra het, omrede "aren't all Afrikaners diggers?" De Wet was verontwaardig en het geantwoord: Is genl. Smuts 'n delwer? Is dr. Malan 'n delwer? Dra genl. Smuts en dr. Malan baarde en veldskoene? De Wet het daarna uit Die Afrikaanse Rolprentmaatskappy (aanvanklik die Killarney-ateljee) bedank.
|
afr_Latn_328
|
Baruch Spinoza
Baruch Spinoza (gebore Benedito de Espinosa, 24 November 1632 in Amsterdam – 21 Februarie 1677 in Den Haag, later bekend as Benedict de Spinoza) was 'n Nederlandse filosoof van Sefardies-Portugese afkoms. Die omvang en belangrikheid van Spinoza se werk is eers jare na sy dood besef.
|
afr_Latn_329
|
Madeleine Albright
Madeleine Korbel Albright (gebore Marie Jana Korbelová, 15 Mei 1937-23 Maart 2022) was 'n Amerikaanse diplomaat en politikus. Sy het van 1997 tot 2001 as Amerika se eerste vroulike minister van buitelandse sake in die regering van pres. Bill Clinton gedien. Sy het Amerika ook by die Verenigde Nasies verteenwoordig.
|
afr_Latn_330
|
Slavoj Žižek
Slavoj Žižek (gebore 21 Maart 1949) is 'n Sloweense sosioloog, filosoof, psigoanalis en kultuurkritikus.
|
afr_Latn_331
|
Die vloek van Boontjieskraal
Die vloek van Boontjieskraal, Die vloek oor die De Wets of kortweg die De Wet-vloek is 'n legende wat sedert 1972 in die volksmond herleef het en op die plaas Boontjieskraal in die Caledondistrik afspeel, wat al die manlike erfgename sou raak.
|
afr_Latn_332
|
Venus-tablet van Ammisaduqa
Die Venus-tablet van Ammisaduqa is 'n astronomiese wigskriftablet uit die tyd van koning Ammisaduqa van Babilonië.
Die tablet vermeld oor 'n tydperk van 21 jaar – die duur van Ammisaduqa se bewind – waarnemings van die vier dae waarop die planeet Venus as môre- en aandster sigbaar (innamir) en onsigbaar (itbal) geword het. In die ou Babilonië het mense dit as belangrike voortekens beskou. Die Venus-tablet is deel van 'n lang reeks tablette, die Enuma Anu Enlil, wat origens net oor voortekens en hulle verklarings gaan.
|
afr_Latn_333
|
Greg Albertyn
Greg Albertyn (gebore 13 Oktober 1973 in Johannesburg) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse motocross-renjaer (motorfiets-veldrenjaer). Hy het al 12 keer die wêreld- en Amerikaanse motocross en -supercrosskampioenskappe gewen. Supercross is 'n hoogs tegniese weergawe van motocross wat op spesiaal opgerigte hindernisbane, byvoorbeeld in sportstadions, gejaag word.
Albertyn wen sy eerste wêreldtitel in 1992 in die 125cc-klas. Die daaropvolgende jaar skuif hy op na die 250cc-klas en wen met sy eerste poging. Hy het sy titel in 1994 suksesvol verdedig, wat aan hom 'n driekuns van wêreldtitels besorg het.
Hy is deur die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) as die Motorsportman van die Jaar vir 1992 aangewys. Dit volg nadat hy, as Suid-Afrika se enigste wêreldkampioen op daai tydstip, nie vir die Sportman van die Jaar oorweeg is nie.
|
afr_Latn_334
|
Theophilus Shepstone-standbeeld
Die standbeeld van sir Theophilus Shepstone staan in Pietermaritzburg op die hoek van Langalibalelestraat (voorheen Langmarkstraat) en Albert Luthuliweg ( R103, voorheen Commmercialweg) in die tuin van die Tatham- kunsgalery. Dit is naby die setel van die KwaZulu-Natalse provinsiale regering en die Koningin Victoria-standbeeld.
Op 18 Desember 1894 het sir John Robinson, (joernalis, skrywer, politikus en premier van die kolonie Natal van 1893 tot 1897) op 'n openbare vergadering voorgestel dat sir Theophilus Shepstone met 'n standbeeld vereer moet word. 'n Komitee onder kol. (sir) Albert Henry Hime (soldaat, ingenieur, Natalse premier van 1899–1903) het £1100 vir die oprigting van die beeld by die publiek ingesamel. 'n Kwart van hierdie bedrag is deur die Zoeloe-volk bygedra.
Die beeld van 2½m is saam met die voetstuk meer as 5½m hoog. Shepstone maak 'n aristokratiese indruk en word uitgebeeld waar hy 'n toespraak lewer en hou sy notas in sy linkerhand. Sy regterhand rus op 'n tafel. Op die voetstuk staan:
'"Sir Theophilus Shepstone K.C.M.G. 'Somtseu' Born 8th January, 1817 died 23rd June, 1893 Erected by public subscription"
Die beeldhouer was Carlo Niccoli y Manfredi van Italië en hy het Carrara-marmer gebruik.
Sir Walter Francis Hely-Hutchinson, die Natalse goewerneur, het die beeld op 23 Oktober 1896 in die aanwesigheid van 'n groot Zoeloe-skare, waaronder verskeie hoofmanne, onthul. In 2015 het die Msane Tribe Heritage Trust 'n veldtog geloods om die beeld te verwyder.
|
afr_Latn_335
|
Waar ruwe rotse
Waar ruwe rotse is 'n gedig geskryf deur C.M. van den Heever. Die gedig is na bewering gegrond op die gebeure wat by Aasvogelkop oorkant die Caledonrivier by Gladdedrif in die Smithfielddistrik afgespeel het. Dit handel oor 'n pa wie se seun in 'n klipskeur geval het. Na dae se geswoeg om die seun tevergeefs uit te kry, laat dit die pa geen ander keuse as om sy seun uit die klipskeur te verlos met die dood nie. Die seun word deur sy eie pa doodgeskiet.
|
afr_Latn_336
|
Jane Alexander
Jane Alexander is 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer en skilder wie se werke al internasionaal uitgestal is. Sy is veral bekend vir haar lewensgroot beelde, met menslike vorms, wat met horings, vlerke, hoewe en ander voorwerpe versier is. Alexander is in 1959 in Johannesburg gebore. In onderskeidelik 1982 en 1988 verwerf sy BA- en MA grade in beeldende kunste aan die Universiteit van die Witwatersrand. As student is sy deur die sosio-politieke onrus in Suid-Afrika beïnvloed. As gevolg hiervan begin sy temas van aggressie, geweld, lyding en die samelewing in haar werke aanspreek. Sy is al 'n paar keer vir haar kuns vereer, waaronder die Standard Bank Jong Kunstenaars-prys (1995), die ENB Vita-prys (1996) en die DaimlerChrysler-kunsprys (2002).
Onder haar kunswerke tel African Adventure (1999–2002) en The Butcher Boys (1985–1986). Sy is tans 'n senior lektor aan die Michaelis-kunsskool in die Kaap.
|
afr_Latn_337
|
Joseph Brodsky
Joseph Brodsky ([ˈbrɒdski]; gebore as Ио́сиф Алекса́ндрович Бро́дский [ɪˈosʲɪf ɐlʲɪˈksandrəvʲɪtɕ ˈbrotskʲɪj], Josif Aleksandrowitsj Brodski; 24 Mei 1940 in Leningrad – 28 Januarie 1996 in New York) was 'n Russies-Amerikaanse digter en essayis van Joodse afkoms.
Brodsky, wat in sy werk 'n verskeidenheid sosiale, ekonomiese en politieke wantoestande in die destydse Sowjetunie aangespreek het - soos byvoorbeeld die ondoeltreffendheid van 'n sentraal-beplande ekonomie, behuisingsnood en latente antisemitisme - is deur die Sowjet-Russiese owerheid as sosiale en militante «parasiet» bestempel (onder meer omdat «digter» nie as 'n werklike beroep beskou is nie), in hegtenis geneem en in 1964 tot vyf jaar in 'n werkkamp naby Archangelsk gevonnis. Nadat Sowet-Russiese en internasionale literêre kringe druk op die Sowjet-bewind uitgeoefen het, is die vonnis ná een jaar opgeskort. Op 4 Junie 1972 is hy van sy Sowjet-burgerskap ontneem nadat hy geweier het om sy werk onder sensuur te laat plaas en in 'n vliegtuig na Wene gesit.
Brodsky het hom daarna met die hulp van ondersteuners, onder wie die Britse digter W. H. Auden, in die Verenigde State gevestig waar hy as dosent aan 'n verskeidenheid universiteite verbonde was, waaronder Yale, Columbia, die Universiteit van Cambridge in Massachusetts en die Universiteit van Michigan.
Van sy eerste salaris het hy 'n vliegkaartjie na Milaan en Venesië gekoop. Aan die winterlike Strandmeerstad, wat hy as sy «paradys» beskryf het, het hy sy werk Watermark gewy, 'n liefdesverklaring deur middel van mistiese meditasies.
In 1987 is die Nobelprys vir Letterkunde aan Brodsky toegeken vir sy «alomvattende» literêre werk, die «klaarheid van sy gedagtes» en die «poëtiese intensiteit» van sy digkuns. In 1991 is hy as die Verenigde State se Poet Laureate benoem.
Anders as wat sy gedwonge ballingskap in die VSA sou kon insinueer was Brodsky se literêre werk allesbehalwe sterk politiek gekleur. Eerder het hy in sy gedigte, wat dikwels in 'n meditatiewe styl geskryf is, universele vrae oor die menslike bestaan, lewe en dood gestel, en dit was juis sy standpunte ten gunste van individuele vryheid en anti-materialisme waaraan Sowjet-amptenare aanstoot geneem het.
Alhoewel sy werke ook in post-Sowjetse Rusland gepubliseer is, het Brodsky as balling geweier om nog eens 'n besoek aan sy geboorteland te bring. Die pyn, wat hy in sy eie land ervaar het, was so groot dat die tekste, wat hy postuum oor sy ouers geskryf het, nog net in Engels uit sy pen kon vloei - 'n besluit wat uit sy oortuiging voortgespruit het dat hy hulle sodoende nog uit die onderdrukkende en sielvernietigende Russiese konteks sou kon bevry.
Op 28 Januarie 1996 is Joseph Brodsky in sy woonstel in Brooklyn Heights, New York aan 'n hartaanval oorlede. Die skrywer het self geen wens oor sy laaste rusplek gehad nie. So het sy vrou, Maria Sozzani, besluit om sy liggaam na Venesië oor te bring, sy persoonlike paradys waaraan hy elke jaar in winter gedurende die Universiteitsvakansie 'n besoek gebring het. So is Joseph Brodsky op die begrafniseiland San Michele naby Venesië ter ruste gelê.
|
afr_Latn_338
|
Drakensberg-seunskool
Die Drakensberg-seunskool is 'n dubbelmedium-seunskool naby Winterton in die hartjie van die Drakensberg in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die skool bied onderrig aan die lede van die Drakensberg-seunskoor. Dit is in 1967 gestig en is die enigste skool in Afrika wat aan koorsang toegewy is.
Die skool maak voorsiening vir 100 tot 120 seuns tussen die ouderdom van 9 en 15 jaar (graad 4 tot 9). Hulle beskik oor 'n 600-sitplek ouditorium, gebou in 1995, waar weeklikse konserte gehou word. Koorlede toer gereeld en het al vertonings in die VSA, Europa, Japan, Taiwan, Hongkong, Mauritius en talle Afrika-lande gelewer.
|
afr_Latn_339
|
Alcock en Brown
Alcock en Brown was twee vlieëniers wat die eerste ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan voltooi het. Hierdie twee Britte, sir John William Alcock (1892–1919) en sir Arthur Whitten Brown (1886–1948), het dié geskiedkundige vlug in 1919 (tussen Newfoundland en Ierland) onderneem.
Die Atlantiese Oseaan is reeds vroeër in 1919 met 'n Amerikaanse NC-4-vliegtuig oorgesteek. Dit moes egter 'n paar landings op eilande langs die pad maak. Alcock en Brown het op 14 Junie van dieselfde jaar die eerste non-stop transatlantiese vlug voltooi.
Hulle het 'n omgeboude Vickers Vimy-bomwerper uit die Eerste Wêreldoorlog vir hulle geskiedkundige vlug aangepas. Die bom-kompartement is vir ekstra brandstof aangewend. Hulle het van St. John's, die hoofstad van die Kanadese provinsie Newfoundland en Labrador, opgestyg. Na 'n vlug van 16 uur en 12 minute land hulle in Clifden in Ierland. Die vliegtuig is met die landing beskadig, omdat hulle in 'n moeras geland het, maar nie een van die vlieëniers is beseer nie.
Winston Churchill het die Daily Mail-prys vir die eerste kruising van die Atlantiese Oseaan in 'minder as 72 uur' aan hulle oorhandig. 'n Week later word die Orde van die Britse Ryk deur George V van die Verenigde Koninkryk in die Windsor-kasteel aan hulle toegeken.
Alcock sterf op 18 Desember 1919 in 'n vliegongeluk in Frankryk. Brown is op 4 Oktober 1948 oorlede.
|
afr_Latn_340
|
Heinrich Böll
Heinrich Theodor Böll (* 21 Desember 1917 in Keulen; † 16 Julie 1985 in Kreuzau-Langenbroich) was een van die vernaamste skrywers van die naoorlogse Duitsland en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde in 1972.
In sy omvangryke literêre werk, wat romans, kortverhale, radiotoneelstukke en talle politieke essays insluit, kyk hy – vanuit sy standpunt as kerkkritiese Rooms-Katoliek (in 1976 het hy uit die kerk bedank), morele agent, nonkonformis, oortuigde pasifis en kampvegter vir menseregte – krities en dikwels skerp satiries na die sosio-ekonomiese en politieke ontwikkelinge in die jong Wes-Duitse republiek. In sy latere lewe stel hy ook belang in die moeilike politieke situasie in Pole, die Sowjetunie en sommige Suid-Amerikaanse lande.
Daarnaas het Böll saam met sy vrou, Annemarie, talle werke van Britse, Ierse, Amerikaanse en Australiese skrywers in Duits vertaal en was ook as redakteur werksaam.
|
afr_Latn_341
|
Norman Rockwell
Norman Rockwell (* 3 Februarie 1894 in New York, † 8 November 1978 in Stockbridge, Massachusetts) was 'n Amerikaanse skilder en illustreerder wat veral bekendheid verwerf het met sy titelblad-ontwerpe vir die tydskrif The Saturday Evening Post. Met dié illustrasies, wat oor 'n tydperk van byna vyf dekades ontstaan het, het Rockwell die alledaagse lewe van Amerikaners uitgebeeld.
Rockwell was daarnaas 64 jaar lank verbonde aan die Amerikaanse Padvinder-beweging (Boy Scouts of America, kort BSA) en het gedurende dié tydperk nie net die vereniging se nuusblad Boys' Life van titelblad-illustrasies voorsien nie, maar ook kalenders en ander publikasies ontwerp waarin die Padvinderseed en die Padvinderswet sentraal gestaan het.
As 'n beurswenner van die Art Students League het Rockwell as 17-jarige sy eerste kontrak as vryskutkunstenaar met die uitgewery Condé Nast gesluit en daarna illustrasies vir 'n verskeidenheid tydskrifte voorsien. In 1916 het hy sy eerste titelblad-ontwerp vir The Saturday Evening Post geskilder en was daarna 47 jaar lank aan dié tydskrif verbonde. Altesaam 322 titelblaaie het hy in dié tydperk ontwerp. Tussen 1926 en 1976 het Rockwell daarnaas die amptelike Padvinderskalender van illustrasies voorsien.
Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het sy werk patriotiese betekenis gekry toe hy aanplakbiljette vir die Kantoor vir Oorlogsinligting (Office of War Information) ontwerp het met uitbeeldings van die sogenaamde "Vier Vryhede".
As kunstenaar het Rockwell steeds 'n oog vir klein besonderhede gehad wat hy noukeurig vasgehou en op 'n realistiese manier uitgebeeld het. Sy motiewe en inspirasie het hy in die alledaagse lewe van Amerikaanse gesinne gevind, veral van dié in kleiner stedelike nedersettings, dikwels met 'n sin vir humor.
In 1977 het Rockwell die hoogste eerbewys in vredestye - die Vryheidsmedalje van die Amerikaanse president - uit die hand van president Gerald R. Ford ontvang.
|
afr_Latn_342
|
Stephen Cole Kleene
Stephen Cole Kleene (hy het sy van self as kleinie uitgespreek) (5 Januarie 1909 – 25 Januarie 1994) was 'n Amerikaanse wiskundige. Hy was een van die studente van Alonzo Church, soos ook Alan Turing, Emil Post en ander, en is veral bekend as 'n grondlegger van die vertakking van wiskundige logika wat as berekenbaarheidsteorie bekend staan, wat later aangewend sou word om 'n grondslag vir teoretiese rekenaarwetenskap daar te stel. Kleene se werk onderlê die ondersoeke na watter funksies berekenbaar is. Verskillende wiskundige konsepte is na hom vernoem, soos die Kleene-hiërargie (wat versamelings na gelang van hul kompleksiteit klassifiseer), Kleene-algebra ('n deels-geordende semiring), die Kleene-ster ('n eenduidige operator op versamelings, ens.), Kleene se rekursiestellings (vir vastepunte op berekenbare funksies) en die Kleene-vastepuntstelling (omtrent 'n vastepunt van monotone funksies). Hy het belangrike bydraes gelewer tot wiskundige intuïsionisme, en in 1956 ook regulêre uitdrukkings ingevoer, wat 'n karakterreeks as 'n soekpatroon definieer.
|
afr_Latn_343
|
Ray Alexander Simons
Ray Alexander Simons (née Alexandrowich; 1913–2004) was 'n Suid-Afrikaanse aktivis, feminis en sosialis wat 'n beduidende rol in die organisering van swart vakbonde gespeel het. Die ANC het die Isithwalandwe-prys in 2004 aan haar toegeken vir haar bydrae tot die vryheidstryd.
|
afr_Latn_344
|
Algarve
Algarve is die mees suidelike streek van Portugal. Naas Lissabon en die Madeiraeilande, is dit ook die land se derde rykste streek. Die streek se hoofstad is Faro.
Algarve word in die noorde deur die provinsie Alentejo begrens, aan die oostekant deur die Rio Guadiana, 'n grensrivier met Spanje en aan die suide- en westekant deur die Atlantiese Oseaan.
Die naam Algarve is uit die tyd van die Moorse besetting van die Iberiese Skiereiland afkomstig, die streek is toe "Gharb al-Ândalus" of ook "die weste van Andalusië" genoem. Die Arabiese "Al-Gharb" beteken "die weste".
Algarve beslaan die hele breedte van die land se suidkus. Hierdie kusgebied het 'n belangrike internasionale toeristebestemming geword, wat met rotsagtige kuslandskappe en lang sandstrande spog. Die belangrikste stede is Portalegre, Évora, Beja, Faro en Lagos. Die belangrikste rivier in Algarve is die Rio Guadiana, wat gedeeltelik ook die grens met Spanje vorm. Die flora in die gebied, veral vetplante (sukkulente), is goed by hitte en droogtes aangepas.
|
afr_Latn_345
|
Lagrange-meganika
Lagrange-meganika is 'n herformulering van klassieke meganika, deur die Italiaans-Franse wiskundige en astronoom Joseph-Louis Lagrange in 1788.
In Lagrange-meganika, word die trajek van 'n stel deeltjies afgelei deur die Lagrange-vergelykings op te los in een van twee vorme, òf die Lagrange-vergelykings van die eerste soort, wat randvoorwaardes eksplisiet as bykomende vergelykings uitdruk, dikwels deur middel van Lagrange-vermenigvuldigers; òf die Lagrange-vergelykings van die tweede soort, wat die randvoorwaardes direk inkorporeer deur oordeelkundige keuse van veralgemeende koördinate. In elke geval is die Lagrange-funksie, soms die Lagrangiaan genoem, 'n funksie van die veralgemeende koördinate, hul tyd-afgeleides, en van tyd, en bevat die inligting omtrent die dinamika van die stelsel.
Lagrange-meganika behels geen nuwe fisika nie, en is tewens minder algemeen as Newtoniese meganika. Newton se wette kan nie-konserwatiewe kragte soos wrywing insluit, maar moet beperkende kragte eksplisiet insluit en is mees geskik vir kartesiese koördinate. Lagrange-meganika is ideaal vir stelsels met konserwatiewe kragte en vir die systap van beperkende kragte, en sekere (nie alle) nie-konserwatiewe kragte, in enige koördinaatstelsel. Veralgemeende koördinate kan vir gerief gekies word, om munt te slaan uit simmetrieë in die stelsel of die geometrie van die randvoorwaardes, wat aansienlike vereenvoudiging meebring in die beskrywing van die dinamika van die stelsel. Lagrange-meganika onthul ook konserwatiewe kwantiteite en hul simmetrieë op 'n direkte wyse, alhoewel dan slegs as 'n spesiale geval van Noether se stelling. Die teorie sluit aan by die beginsel van stasionêre aksie, alhoewel Lagrange-meganika minder algemeen is deurdat dit tot ekwilibriumprobleme beperk is. Ook kan Lagrange-meganika net toegepas word op stelsels met holonomiese randvoorwaardes, aangesien die formulering daarvan nie voorsiening maak vir die nie-holonomiese geval nie. Drie voorbeelde is naamlik wanneer die randvoorwaarde-vergelykings nie integreerbaar is nie, wanneer die randvoorwaardes ongelykhede bevat, of by ingewikkelde nie-konserwatiewe kragte soos wrywing. Nie-holonomiese randvoorwaardes vereis spesiale sorg, sodat mens op Newtoniese meganika of ander metodes aangewese mag wees.
Die Lagrangiaanse formulering van meganika is nie bloot belangrik weens die wye toepassings daarvan nie, maar ook omdat dit dieper insigte in fisika verskaf. Alhoewel die beskrywing van klassieke meganika Lagrange se enigste oogmerk was, sou Hamilton se beginsel, waarvan die Lagrange-vergelyking afgelei kan word, volgens latere insigte op 'n groot deel van teoretiese fisika toepasbaar wees. In kwantummeganika is aksie en kwamtummeganiese fases deur middel van Planck se konstante verwant, en die beginsel van stasionêre aksie kan verstaan word in terme van konstruktiewe interferensie van golffunksies. Wanneer die Lagrangiaan invariant m.b.t. 'n simmetrie is, is die resulterende bewegings-vergelykings ook invariant m.b.t. daardie simmetrie. Hierdie kenmerk is baie nuttig om aan te dui dat teorieë voldoen aan spesiale relatiwiteit of algemene relatiwiteit. Die aksiebeginsel, en die Lagrange-formalisme, staan in noue verband met Noether se stelling, wat 'n verband bewerkstellig tussen fisiese konserwatiewe kwantiteite en kontinue simmetrieë van 'n fisiese stelsel. Lagrange-meganika en Noether se stelling lewer in samehang 'n natuurlike formalisme vir eerste kwantifisering deur kommutatore in te sluit tussen sekere terme van die Lagrange-vergelykings vir die beweging van 'n fisiese stelsel.
Lagrange-meganika word algemeen toegepas in die oplossing van meganiese probleme in fisika en ingenieurswese wanneer Newton se formulering van klassieke meganika nie gerieflik is nie. Lagrange-vergelykings word ook gebruik in optimiseringsprobleme van dinamiese stelsels. In meganika word Lagrange se vergelykings van die tweede soort baie meer gebruik as dié van die eerste soort.
|
afr_Latn_346
|
Mirt
Die mirt (Myrtus communis) is n plant uit die famile Myrtaceae. Dis 'n diggroeinde immergroen bossie wat op droë en sonnige plekke in die Mediterreense gebied voorkom.
Die takke en blomme het 'n aromatiese reuk en word by Joodse feeste gebruik. By die Grieke was die plant gewyd aan Afrodite en kranse van mirt is gebruik by die Olimpiese Spele.
|
afr_Latn_347
|
Goue Beer
Die wenner van die Golden Bear word jaarliks deur 'n internasionale jurie gekies. Die internasionale jurie bestaan uit bekende regisseurs, akteurs, skrywers, produsente en ander in die rolprentbedryf.
Die Goue Beer is in 2024 aan die Frans-Senegalese-Beninse rolprent Dahomey van die regisseur Mati Diop toegeken.
|
afr_Latn_348
|
Charles Margrave Taylor
Charles Margrave Taylor (Montreal, 5 November 1931) is 'n Kanadeese filosoof. Hy het veral bydraes gelewer te opsigte van die politieke filosofie, hoewel hy ook bekend is vir sy analise van die "moderne self". Binne die politieke denke word hy geplaas onder die kommunitarisme en hy speek ook baie kritiek uit op die "verregaande individualisme" en die gebrekkige aandag aan die kollektiewe in die hedendaagse samelewing. In sy werk oorbrug hy ook die tradisionele kloof tussen die analitiese en kontinentale filosofie.
|
afr_Latn_349
|
Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord
Die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord is een van twee oorwegend Afrikaanse gemeentes van die GKSA in die stad Polokwane, Limpopo. Dis die oudste van die drie. Einde 2015 was hier 304 belydende en 63 dooplidmate.
Die noordelike wyke van die Gereformeerde kerk Pietersburg het in November 1966 as die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord afgestig. Aanvanklik is eredienste in die Hoër Handelskool se saal gehou, maar kort voor lank het die gemeente planne beraam om 'n eie kerk op te rig. Die firma Hartman en Van der Walt sou die plan opstel en Ferreira en Seuns van Naboomspruit is as bouaannemer aangestel. (Volgens 'n ander bron was die argitek Johan de Ridder.)
Ses jaar nadat die gemeente gestig is en wel op 18 November 1972 is die hoeksteen gelê. Ses maande later, op 12 Mei 1973, is die gebou feestelik in gebruik geneem. Aan die begin het die gemeente 'n klok in die toring gebruik, maar nadat bewoners van die omliggende huise beswaargemaak het, het die kerkraad in opdrag van die stadsraad besluit om dit nie meer te lui nie. Dieselfde lot het ook die NG gemeente Pietersburg-Noord, gestig in 1950, getref.
In Maart 1974 het die gemeente 'n pyporrel van die firma Ferhle en Kie in gebruik geneem en 15 jaar nadat die hoeksteen gelê is (1987), is die saalkompleks in gebruik geneem. Dit vorm 'n binnehof met die kerkgebou, waarvan die hoofingang aan die binnehof front.
|
afr_Latn_350
|
Gereformeerde kerk Pietersburg-Suid
Die Gereformeerde kerk Pietersburg-Suid was een van die drie oorwegend Afrikaanse gemeentes van die GKSA in die stad Polokwane, Limpopo. Dit was die jongste van die drie en, met 345 belydende en 111 dooplidmate einde 2015, ook die grootste in die stad. Die gemeente het op 29 Mei 2016 by Pietersburg ingeskakel nadat laasgenoemde se belydende lidmate einde 2015 net 145 was.
Die Gereformeerde kerk Pietersburg-Suid het op 28 November 1976, presies 10 jaar ná die Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord, van die Gereformeerde kerk Pietersburg afgestig. In 1988 het die kerkraad besluit om tot kerkbou oor te gaan aangesien moeder en dogter toe reeds 12 jaar lank 'n kerkgebou gedeel het.
Op 1 Mei 1988 het die kerkraad die sogenaamde Eie-kerk-kommissie saamgestel wat behoorlik na die gemeente se behoeftes gekyk het en ter plaatse ondersoek ingestel het van kerkgeboue tot selfs in Pretoria en op Middelburg, Tvl. Die argiteksfirma Tempel & Niewoudt is toe aangestel om die kerk te ontwerp. Een van die vennote, Piet Tempel, was destyds lidmaat van die gemeente. Die kerkraad het as eienaarbouer opgetree en oudl. Japie Erasmus was die projekbestuurder. Ook het hy baie van die werk self gedoen.
Die digitale Allen-orrel is moontlik gemaak deur derduisende dosyne koeksisters wat die susters van die gemeente gereeld meer as 'n jaar lank gebak en verkoop het. Die saligna-kerkbanke, vervaardig deur Fisher en Kinghorn, het R65 263 gekos en is vanaf Knysna gekarwei.
Die kerkgebou is op Saterdag 2 Maart 1991 om drieuur die middag tydens 'n voorbereidingsdiens amptelik in gebruik geneem. Venita de Kock het die deure oopgesluit. Op die hoeksteen, wat ds. D.J. de Kock vroeër onthul het, staan die woorde van Matteus 16:16: U is Christus, die seun van die lewende God. Agter die hoeksteen is 'n lys met name van al die lidmate van destyds ingemessel.
|
afr_Latn_351
|
Gereformeerde kerk Pietersburg
Die Gereformeerde kerk Pietersburg was die oudste gemeente in die GKSA se Klassis Limpopo en was einde 2015, met 142 belydende en 31 dooplidmate, die kleinste van die drie oorwegend Afrikaanse gemeentes van dié kerkvervand in die stad Polokwane. Op 29 Mei 2016 het dit dan ook met Pietersburg-Suid verenig.
|
afr_Latn_352
|
Gereformeerde kerk Louis Trichardt
Die Gereformeerde kerk Louis Trichardt is die naasoudste gemeente in die GKSA se Klassis Limpopo en het sy middelpunt op die dorp Louis Trichardt. Einde 2015 het die gemeente 241 belydende en 64 dooplidmate gehad. (Pietersburg is in 1889 gestig en Louis Trichardt eers in 1927, maar vandat Pietersburg-Suid eengeword het met Pietersburg, word die saamgestelde gemeente Pietersburg se stigtingsdatum aangedui as 2016.)
|
afr_Latn_353
|
Gereformeerde kerk Potgietersrus-Wes
Die Gereformeerde kerk Potgietersrus-Wes was die tweede gemeente van die GKSA op die dorp Mokopane in die provinsie Limpopo. Einde 2015 het die gemeente 146 belydende en 27 dooplidmate gehad, vergeleke met die moedergemeente se 268 en 64.
Potgietersrus-Suid het in Mei 1974 van die Gereformeerde kerk Potgietersrus afgestig. Dié twee gemeentes deel sedertdien die moedergemeente se siersteenkerk, ontwerp deur Hendrik Vermooten en ingewy op 8 November 1952.
|
afr_Latn_354
|
Gereformeerde kerk Potgietersrus
Die Gereformeerde kerk Potgietersrus is die oudste gemeente van die GKSA op die dorp Mokopane in Limpopo en die derde oudste van die 25 gemeentes in die Klassis Limpopo. Einde 2015 het Potgietersrus 268 belydende en 78 dooplidmate gehad vir 'n sieletal van 346.
|
afr_Latn_355
|
Menhir
Menhirs kan óf as enkelrotse óf in groepe voorkom. Hierdie groepe het gewoonlik 'n meetkundige uitleg, soos 'n reguit lyn of sirkel ('n bekende voorbeeld is Stonehenge). Menhirs se vorm wissel aansienlik, maar die meeste is langwerpig en word nouer na boontoe, met effense reghoekige hoeke. Daar is na raming sowat 50 000 menhirs in die wêreld. Min is bekend oor hulle presiese doel of oor die volke wat hulle opgerig het.
'n Verwante term is "megaliet", wat na enige groot antieke klipkonstruksie verwys. Menhirs is dus voorbeelde van megaliete (maar baie megaliete, soos die hunebedde en Paaseiland-standbeelde, is nie menhirs nie).
|
afr_Latn_356
|
Duiwelsklou
Duiwelsklou (Harpagophytum) is 'n genus van plante in die sesamfamilie (Pedaliaceae). Die plant is inheems aan Suider-Afrika en het sy naam aan die haakvormige voorkoms van sy vrugte te danke. Dit is 'n meerjarige plant met kruipende stingels wat uit 'n taai wortelstok groei. Die gesteelde blare is ovaal en die blomme is pienkpers en buisvormig. Ander name vir die plant sluit in: bobbejaandoring, bobbejaanklou, duiwelsdoring, duiwelshaak, duiwelshaakdoring, duiwelskloubossie, duiwelsklourank, duiwelsnaels, kloudoring, duiwelsduwweltjie, krappe, leeudoring, sanddoring, skerpioendubbeltjie en skerpioenduwweltjie.
Die plant het groot, knolagtige penwortels waaruit sekondêre of bergknolle groei. Hierdie knolle bevat harpagosied wat verskeie medisinale gebruike het. Dit word onder meer gebruik om pyn en koors te verlig, en om spysvertering te stimuleer. Ander gebruike sluit in: vir hipertensie, artritis, as aptytwekker, salf vir sere en pitswere, asook verligting van pyn tydens swangerskap.
Duiwelsklou word hoofsaaklik van saad gekweek, maar vegetatiewe voortplanting is ook moontlik. Die saad lyk soos 'n klou vol dorings. As die saad om 'n dier se bek vasgryp, kom dit nie maklik los nie en kan die dier vrek.
Die plant is saam met aalwyne en boegoe die enigste drie inheemse Suid-Afrikaanse plante wat in die amptelike internasionale lys van medisinale plante opgeneem is. Dit word veral in Namibië en Botswana vir die uitvoermark verbou. In Suid-Afrika word 'n permit benodig om die plant op groot skaal te oes. Die mag egter nie van November tot Februarie geoes word nie, omdat die plant dan blom en sade vorm.
|
afr_Latn_357
|
Alhambra
Alhambra (Arabies: قصر الحمراء - qasr alhamrā' – Rooi Paleis) is 'n middeleeuse paleis en fort in Spanje. Die paleis is tussen 1238 en 1358 vir Moorse konings van die Granada-koninkryk in Andalusië (Suid-Spanje) gebou. Dit is op 'n heuwelagtige plato aan die suidoostelike grens van die stad Grenada geleë. Die paleis word as die land se indrukwekkendste gebou in die Moorse styl beskou. Die Alhambra is in 1984 (saam met die Palacio de Generalife en die Albayzín) deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.
Die uitgebreide kompleks is (na die verowering van die koninkryk van Granada in 1492) deur die katolieke koningspaar as 'n belangrike buit beskou. Hul kleinseun, keiser Karel V, gee in 1526 na sy besoek aan Granada opdrag om 'n renaissancistiese paleis in die Alhambra te bou, waarvoor 'n deel van die Alhambra afgebreek is. Sy vrou het egter gesorg dat die res bewaar bly.
Die paleis is veral gewild onder Europese kunsstudente. Baie van die kunswerke is gerestoureer en dien as 'n goeie voorbeeld van Moorse kuns op die Europese vasteland. Toeriste moet daarop let dat slegs 'n beperkte aantal besoekers per dag toelaat word. Persone wat daar opdaag sonder om vooraf te bespreek, loop die gevaar om nie toegelaat te word nie.
Die Parador van Granada (vroeëre klooster van Sint Franciscus waar die katolieke koningin oorspronklik begrawe is) en die Palacio de Generalife kan in die tuine van Alhambra gevind word.
|
afr_Latn_358
|
Dragan Čović
Dragan Čović (* 20 Augustus 1956 in Mostar) is 'n Kroatiese politikus in Bosnië en Herzegowina.
Hy is die Kroatiese lid van die driemanskap wat die presidensiële mag in die land uitoefen. Op 5 Oktober 2002 is hy vir 'n ampstermyn van vier jaar gekies. Van 2 April 2002 tot 10 April 2003 en van 37 Junie 2003 tot 28 Februarie was hy voorsitter van die driemanskap. Op 17 November 2014 is hy herkies as lid van die driemanskap.
|
afr_Latn_359
|
Minnie Muis
Minnie Muis is 'n tekenprentkaraktertjie bekend uit die strokiesprente en rolprente van Walt Disney. Sy is die meisie van Mickey Muis.
|
afr_Latn_360
|
Donald Duck
Donald Duck is 'n tekenprentkaraktertjie uit die strokiesprente van The Walt Disney Company.
Sy nooiensoptrede was op 9 Junie 1934 in Silly Symphony se animasieprent The Wise Little Hen. Hy het reeds in 1940 Mickey Mouse ingehaal as die mees geliefde karaktertjie van Walt Disney se strokies.
|
afr_Latn_361
|
Babilon
Babilon was 'n belangrike antieke Midde-Oosterse stad in Mesopotamië. Dit was die hoofstad van Babilonië en was beroemd vanweë die groot rykdom van sy mense. Soms word die woord "Babilon" gebruik om na 'n plek van plesier en immorele gedrag te verwys. Babilon is in 2019 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.
Die stad was 90 km suid van Bagdad in Irak by die huidige stad al-Hillah geleë. Die god van die stad was Marduk.
Die eerste verwysing na die stad stam uit die tyd van Šar-kali-šarra, 'n koning van die Akkad-dinastie (ca. 2200 v.C.). Van die Oud-Babiloniese tyd (2000-1600 v.C.) is baie min gevind in opgrawings omdat die vlak van die grondwater te hoog is. Eers toe 'n damwal gebreek het en die watervlak gedaal het, is daar 967 tablette in wigskrif gevind.
Tydens die heerskappy van koning Hammoerabi was Babilon die hoofstad van 'n ryk wat Mesopotamië omvat het, maar onder sy opvolgers het dit baie kleiner geword. In 1595 v.C. is die stad deur die Hetiete verwoes.
Onder die Kassiete was die stad nie altyd die hoofstad nie.
Na 612 v.C. en die val van die stad Nineve word Babilon opnuut die hoofstad van 'n wêreldryk, die Nieu-Babiloniese ryk.
Die stad word in 539 v.C. ingeneem deur die Perse onder Kores II.
|
afr_Latn_362
|
Ali Baba
Ali Baba (Arabies: علي بابا, Ali Bāba) is 'n fiktiewe karakter in 'n bekende Midde-Oosterse verhaal, Ali Baba en die Veertig Rowers. Die sprokie word in die boek, Duisend-en-een nag, aangetref. Die verhaal is egter eers in die 18de eeu deur die Fransman Antoine Galland, die eerste Europese vertaler van die werk, by die versameling gevoeg. Die verhaal is vir verskeie TV-reekse, rolprente en kinderboeke verwerk. Die gewelddadige aspekte van die storie word dikwels uitgelaat.
|
afr_Latn_363
|
Straalvliegtuig
'n Straalvliegtuig of kortweg straler is 'n vliegtuig wat deur 'n straalmotor aangedryf word. Vliegtuie wat deur vuurpyle aangedryf word, word ook straalvliegtuie en stralers genoem. Dit is in teenstelling met skroefaangedrewe vliegtuie wat gebruik maak van 'n binnebrandenjin. Daar is sommige vliegtuie wat wel 'n kombinasie van 'n straalmotor en 'n skroef (turboskroef) het en nie 'n binnebrandenjin nie.
Stralers is in die algemeen meer effektief teen hoë snelhede en -hoogtes waar skroefvliegtuie weer meer effektief is teen lae snelhede en -hoogtes. Stralers het die vermoë om supersoniese vlug te haal maar kan ook heelwat stadiger vlieg.
|
afr_Latn_364
|
Parkinson se siekte
Parkinson se siekte (ook Parkinson-siekte) is 'n breinafwyking wat jou geleidelik spierbeheer laat verloor. Dis 'n neurologiese sindroom van die sentrale senuweestelsel soos dopamienvlakke in die brein afneem. Dit tas die pasiënt se vermoë aan om te beweeg en te praat. Die brein kan nie meer vinnig genoeg reageer nie, wat die pasiënt geleidelik verlam. Dit kan ook hul gemoed, gedrag en denke beïnvloed.
Die siekte is vir die eerste keer in 1817 deur die Londense geneesheer James Parkinson (1755–1824) beskryf. Dit word gewoonlik deur 'n tekort aan die senuoordraer dopamien, veroorsaak weens degeneratiewe, vaskulêre of inflammatoriese veranderings in die basaalganglia (deel van die voorbrein). Die blootstelling aan sekere chemikalieë (soos sweisdampe) kan dit ook aanhelp.
Die siekte word onder meer gekenmerk deur bewerigheid, rigiditeit, verlies aan spierbeheer, traer bewegings en 'n uitdrukkinglose gesig. Die simptome is aanvanklik lig. As dit vroeg behandel word, kan dit jare lank so bly. Dit kan egter nie genees word nie. Met vroeë behandeling is pasiënte se lewensverwagting omtrent dieselfde as vir mense daarsonder.
Die siekte begin meestal tussen die 50ste en 60ste lewensjaar, veral by mans. Sowat 5 tot 10% van mense kry dit voor vyftig. Voorbeelde van bekendes met parkinsonisme is die akteur Michael J. Fox (op 30 gediagnoseer) en die bokser Muhammad Ali (op 42 gediagnoseer).
|
afr_Latn_365
|
Gereformeerde kerk Magalakwin
Die Gereformeerde kerk Magalakwin is die sesde oudste van die 25 gemeentes in die GKSA se Klassis Limpopo.
Buiten die plekkie Alldays waar die kerk staan, sluit die gemeente ook nedersettings soos Platjan, Dardanellen, Pontdrif en Soutpansberg in die noordweste van die provinsie Limpopo in asook Tuli in Botswana. Al het die gemeente einde 2015 net 74 belydende en 33 lidmate gehad kan hy, omdat hy in kombinasie met die Gereformeerde kerk Dendron met sy 78 belydende en 25 dooplidmate is, die diens van 'n voltydse predikant geniet.
|
afr_Latn_366
|
Gereformeerde kerk Laeveld
Die Gereformeerde kerk Laeveld is die vierde oudste en die grootste van die Suid-Afrikaanse gemeentes in die GKSA se Klassis Limpopo, wat ook enkele gemeentes in die buurland Zimbabwe insluit. Einde 2015 het Laeveld 365 belydende en 97 dooplidmate gehad. Buiten die hoofdorp, Tzaneen, sluit die gemeentegrense ook Giyani, Haenertsburg, Letsitele, Modjadjiskloof (Duiwelskloof) en Trichardtsdal in.
|
afr_Latn_367
|
Gereformeerde kerk Messina
Die Gereformeerde kerk Messina is die sewende oudste van die 25 gemeentes in die GKSA se Klassis Limpopo, wat ook enkele gemeentes in Zimbabwe insluit. In 1960 het die gemeente 96 belydende en 95 dooplidmate gehad en in 2015 onderskeidelik 117 en 43. Benewens die hoofdorp, Messina, sluit die gemeentegrense ook enkele omliggende nedersettings en die suide van Zimbabwe in.
|
afr_Latn_368
|
Gereformeerde kerk Zoutpansberg
Die Gereformeerde kerk Zoutpansberg was van 1859 tot 1868 'n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die nedersetting Schoemansdal in die huidige provisie Limpopo.
Dis vandag onseker presies wanneer die gemeente gestig is. 'n Moontlike stigtingsdatum is wel 28 Augustus 1859, toe sewe lidmate ingeskryf is by die Kerk van Renosterpoort, distrik Zoutpansberg, aldus die notule van die Gereformeerde kerk Rustenburg, wat op 11 Februarie daardie jaar as die eerste in die hele Gereformeerde Kerk tot stand gekom het.
In die daaropvolgende week is 17 lidmate op Schoemansdal ingeskryf. In die week daarna is nog 10 lidmate op Renosterpoort en die volgende dag 11 lidmate op Doornbult ingeskryf. Op die vierde Algemene Kerkvergadering van die Gereformeerde Kerk is hulle as die gemeente Zoutpansberg verteenwoordig. Dis onbekend of dié gemeente sy eie kerkgebou gehad het, hoewel die regering van die ZAR in Augustus 1863 om grond op Schoemansdal vir 'n kerkplaats versoek is. 'n Boukommissie is ook aangewys, bestaande uit oudl. P.J.C. van Staden en broers J.H. du Plessis en N. Grobler. In 1864 is sewe standplase aan die gemeente oorgedra.
Op die Sinode van 1869 is vermeld dat die gemeente Schoemansdal deur die stryd met die plaaslike Venda uitmekaargejaag is sodat die oorblywende lidmate by die Gereformeerde kerk Waterberg (in 1858 op Nylstroom gestig) ingeskakel het. So het Zoutpansberg die eerste Gereformeerde kerk geword wat ontbind het, ruim 37 jaar voor die tweede, Holpan (in 1905).
|
afr_Latn_369
|
Gereformeerde kerk Waterberg
Die Gereformeerde kerk Waterberg is die oudste gemeente in die GKSA se Klassis met dieselfde naam.
In 2015 was dit met 278 belydende en 30 dooplidmate die vierde grootste van die 13 gemeentes in die Klassis Waterberg, wat ook tot 2016 vyf Namibiese gemeentes ingesluit het. Buiten die hoofdorp, Modimolle, sluit die gemeentegrense ook die nedersettings Alma, Nutfield, Sussenvale, Swaershoek en Tuinplaas in.
|
afr_Latn_370
|
Redoksreaksie
'n Redoksreaksie is 'n chemiese reaksie waarin die oksidasietoestande van stowwe verander.
Dit beteken dat elektrone in 'n redoksreaksie van die een spesie na 'n ander oorgedra word. 'n Voorbeeld is die reaksie van waterstof en suurstof wat water vorm: 2H_2 + O_2 \to 2H_2O
Die oksidasietoestand van die elemente is 0, maar in water is die oksidasietoestand van H +1 en van O -2. Dit wil sê dat twee elektrone oorgedra is van die waterstofatome na die suurstofatoom.
Oksidasie- en reduksiereaksies is 'n belangrike groep reaksies en behels die oordrag van elektrone van een atoom na 'n ander of die verplasing van elektrone, suurstofatome of waterstofatome van een molekule na 'n ander. 'n Voorbeeld van so 'n reaksie is:
Metaal metaal waterig metaal
In die reaksie word twee elektrone van die sink na die koper oorgedra en 'n mens sê dat sink geoksideer en koper gereduseer is; die elektronontvanger is met ander woorde gereduseer, terwyl die elektronskenker geoksideer is. Dit is dus nie alleen een atoom wat geoksideer word nie, want terselfdertyd word 'n ander atoom gereduseer. In die voorbeeld is sink die reduseermiddel en koper die oksidant (oksideermiddel). Die reaksies kan ook redoksreaksies genoem word.
|
afr_Latn_371
|
Gereformeerde kerk Warmbad
Die Gereformeerde kerk Warmbad is 'n gemeente in die GKSA se Klassis Waterberg met sy middelpunt op die dorp Bela-Bela, wat eers as Warmbad bekendgestaan het. In 2015 het die gemeente 188 belydende en 45 dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 265 en 220 in 1960.
|
afr_Latn_372
|
Gereformeerde kerk Westonaria
Die Gereformeerde kerk Westonaria was 'n gemeente van die GKSA op die Wes-Randse dorp Westonaria, maar nadat daar in 2011 net 19 en geen dooplidmate nie oorgebly het, het die gemeente laat in daardie jaar ontbind. In 1997 was daar nog 122 belydende en 54 dooplidmate.
Die uitbreiding van die goudmyne het in die sestigerjare groot ontwikkeling aan die Wes-Rand meegebring. Die Gereformeerde kerk Randfontein se suidelike wyke op en om Westonaria het dan ook op 27 Mei 1961 as die Gereformeerde kerk Westonaria afgestig. Binne twee jaar het die gemeente begin beplan aan sy eie kerkgebou. 'n Erf is verkry, maar weens die insinkings weens die uitpomp van water in die ondergrondse tonnels deur die myne het die kerkraad eers die plan om te bou laat staan tot veilige grond vir die kerkgebou gevind kon word. Hiervoor moes grondtoetse uitgevoer word.
So kon die gemeente eers 11 jaar ná sy stigting 'n kerkgebou oprig. A-raam-staalbalke vorm die raamwerk daarvan. Die gebou het 'n teëldak wat aan weerskante tot amper op die grond strek. Ligblou venters vorm die boonste deel van die fasade. 'n Kleiner dak in die styl van die hoofdak is by die voordeur opgerig. Die toring is 'n staalstruktuur bo die ingang.
Die onthulling van die hoeksteen, deur ds. P.J. Steyn, sowel as die ingebruikneming van die gebou het op 19 Augustus 1972 plaasgevind. Ná amper 30 jaar is die blou glasventers met steen vervang omdat vandale gereeld die vensters stukkend gegooi het. Die vooraansig is toe met sierstene toegebou. Weens strukturele skade is die staaltoring ná 30 jaar verwyder.
Nadat die gemeente ontbind het, is die gebou verkoop en word dit tans (2016) as woonhuis benut.
|
afr_Latn_373
|
Permanganaat
'n Permanganaat is 'n sout wat die komplekse ioon MnO₄⁻ as anioon bevat. Die anioon het die vorm van 'n tetraëder en die sentrale mangaanatoom het sy hoogste oksidasietoestand: 7+.
Die bekendste permanganaat is kaliumpermanganaat, 'n pers vastestof wat 'n sterk oksideermiddel is en goed in water oplos.
|
afr_Latn_374
|
Tetrachlorosinkaat
'n Tetrachlorosinkaat is 'n sout wat die komplekse anioon ZnCl₄²⁻ bevat.
Die anioon het die vorm van 'n tetraëder en die oksidasietoestand van die sentrale atoom is 2+.
Egter ook sterk oplossings van ZnCl₂ bevat hierdie ioon. Die trihidraat ZnCl₂.3H₂O is benede 8oC 'n vastestof wat bestaan uit die Zn(H₂O)₆²⁺-katioon en die tetrachlorosinkaat-anioon. By kamertemperatuur is dit 'n vloeistof, maar dit bestaan nog uit dieselfde ione en is daarmee 'n ioniese vloeistof. Die vastestof kan geskryf word as ZnZnCl₄.6H₂O en is isostruktureel met MgZnCl₄.6H₂O.
|
afr_Latn_375
|
Michael J. Fox
Michael J. Fox (1961-) is 'n Kanadese akteur. Hy is veral bekend vir die rol van Alex P. Keaton in Family Ties en as Marty McFly in die Back to the Future-trilogie. Hy speel ook Mike Flaherty in die TV-reeks Spin City.
Fox gebruik 'n 'J' as die tweede voorletter van sy naam ter eerbetoning aan die akteur Michael J. Pollard. Hy het besluit om nie die 'A' in sy eie geboortenaam te gebruik nie, omdat dit te arrogant sou lyk (a fox).
Hy is in 1990 met Parkinson se siekte gediagnoseer, maar het die nuus eers in 1998 bekend gemaak. Namate die siekte erger geraak het, moes hy sy loopbaan as akteur in 2000 vaarwel toeroep. Fox is in 1988 met die aktrise Tracy Pollan getroud, en die egpaar het vier kinders.
|
afr_Latn_376
|
Sanjay Leela Bhansali
Sanjay Leela Bhansali is 'n bekende draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger van die Hindi-filmbedryf. Hy het vir homself die middelnaam "Leela" ter ere van sy moeder, Leela Bhansali, gegee. Hy is 'n alumnus van die Film- en Televisie-instituut van Indië.
|
afr_Latn_377
|
Alice se avonture in Wonderland
Alice se avonture in Wonderland is 'n kinderboek oor 'n meisie met die naam Alice en die vreemde avonture wat sy beleef. Die boek is deur die Oxford wiskundige Charles Lutwidge Dodgson (onder die skuilnaam Lewis Carroll) geskryf en deur John Tenniel geïllustreer. Die titel word gewoonlik na Alice in Wonderland verkort. Dit is aanvanklik op 26 November 1865 deur Macmillan & Kie. Bpk. in Londen gepubliseer. Sedertdien is dit in verskeie tale (waaronder Afrikaans) vertaal en ook vir ander media (soos TV-reekse en rolprente) verwerk.
|
afr_Latn_378
|
Gereformeerde kerk Bloemhof
Die Gereformeerde kerk Bloemhof is 'n gemeente van die GKSA op die dorp Bloemhof in Noordwes.
Dit is die negende oudste van die 30 gemeentes in die Klassis Noordwes. In 2023 het die gemeente 46 belydende en 5 dooplidmate gehad, vergeleke met 48 en 23 in 1997. Die gemeente is tans in kombinase (die deel van n predikant) met Christiana.
In die 1920's het die destydse Gereformeerde kerk Bloemhof (waarvan die beskikbare bronne nie die stigtingsdatum aangee nie) uit delwers bestaan. 'n Sinkgeboutjie is as kerk gebruik. In 1928 het die delwers weggetrek en die kerkgebou het in onbruik geraak. Die gemeente het toe (weer word die datum nie verstrek nie) 'n wyk van Wolmaransstad geword.
Op 13 Julie 1950 is die Gereformeerde kerk Bloemhof toe opnuut gestig toe die wyke hier van Wolmaransstad afgestig het met 44 belydende lidmate. Van toe tot in 1961 is gebruik gemaak van die kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde gemeente. In daardie jaar het die lidmate hul eie kerk in gebruik geneem. Hierdie gebou is ontwerp deur 'n lidmaat, ene J.L. Pretorius. Die boumeester was K.G.E. von Moltke. Ds. Jansen van Vuuren du Plessis het die hoeksteen op 15 April 1961 gelê en in Junie daardie jaar is dit in gebruik geneem.
|
afr_Latn_379
|
Gereformeerde kerk Carolina
Die Gereformeerde kerk Carolina is die vyfde oudste van gemeente in die GKSA se Klassis Lydenburg. Dit sluit buiten die hoofdorp, Carolina, ook onder meer Breyten, Chrissiesmeer en Badplaas in.
Met 37 belydende en sewe dooplidmate in 2015 was dit toe die vierde kleinste van die 16 gemeentes in die Klassis. Dis 'n redelike skerp afname sedert 1997 toe hier 84 belydende en 29 dooplidmate was. Danksy 'n kombinasie met Hendrina word Carolina bedien deur ds. Riaan Jansen van Vuuren, wat sedert 2009 die twee gemeentes saam bearbei.
|
afr_Latn_380
|
Gereformeerde kerk Chinhoyi
Die Gereformeerde kerk Chinhoyi (voorheen Sinoia) is die laaste Afrikaanse gemeente van die GKSA buite Suid-Afrika of Namibië nadat die volgende kerke almal ontbind het: Skeurvallei (Kenia, 1950–1963), Goedgegun (Swaziland, 1926–1964), Stegi (Swaziland, 1926–1965), Eldoret (Kenia, 1909–1966), Nkana/Koperstreek (Zambië, 1949–1969), Ghanzi (Botswana, 1948–1973), Lusaka (Zambië, 1919–1980), Bulawayo (Zimbabwe, 1952–1981), Fort Victoria-Nuanetsi (Zimbabwe, 1972–1981), Gwelo-Gatooma (Zimbabwe, 1972–1981), Harare (Zimbabwe, 1914–1984), Humpata (Angola, 1881–1928) en Que (Angola, 1906–1928). Al beslaan Chinhoyi 'n groot deel van Zimbabwe, was hier in 2015 net 14 belydende en vyf dooplidmate, vergeleke met 40 en 17 in 1997. Einde 2016 was die syfers onderskeidelik 14 en ses.
Die Gereformeerde kerk Chinhoyi is in 1972 gestig in 'n tyd toe Gereformeerdes blykbaar hoopvol oor hul toekoms in die destydse Rhodesië was, want Fort Victoria-Nuanetsi en Gwelo-Gatooma het in dieselfde jaar tot stand gekom. Die kerkgebou op Chinhoyi staan op 'n groot erf aan die kant van dié dorp in die noordweste van Zimbabwe. Dit is in 1975 opgerig. Dr. I.L. Bekker, destyds die predikant, het die hoeksteen op 30 Augustus 1975 gelê. Die kerkgebou is doelmatig ontwerp en het 'n moederskamer, konsistorie en kombuis. Die gemaklike, gestoffeerde opwipstoele in die kerk kom uit 'n voormalige bioskoop. Langs die kerk is 'n afdak waar lidmate gesellig kan verkeer. Die kerktoring is aan die oostekant van die kerkgebou.
Die orrel is oorspronklik deur die Gereformeerde kerk Eldoret in Kenia gebruik. Daarna is dit die Gereformeerde kerk Salisbury gebring en mettertyd het dit 'n staanplek in Chinhoyi gekry. Al het net 'n handjie vol lidmate oorgebly, word die kerk steeds gebruik wanneer 'n besoekende predikant hier 'n erediens kom hou.
|
afr_Latn_381
|
Perchloraat
'n Perchloraat is 'n sout wat die komplekse anioon ClO₄⁻ bevat. Dit is die suurres van perchloorsuur HClO₄.
Die oksidasietoestand van die sentrale atoom (Cl) is 7+ en dis die hoogste wat moontlik is vir hierdie element. Die vorm van die anioon is tetraëdries.
Perchlorate is baie goed oplosbaar in water en word dikwels gebruik om katione in oplossing te bring. Perchlorate is ook baie sterk oksiderend. Saam met 'n goeie reduserende katioon, soos ammonium, kan dit aan die sout plofbare eienskappe verleen.
ClO_4^- + 8H^+ + 8e^- \to Cl^- + 4H_2OE^{\ominus} = +1{,}287 V
ClO_4^- + 2H^+ + 2e^- \to ClO_3^- + H_2OE^{\ominus} = +1{,}201 V
Hoewel die ioon termodinamies vermag om water te splyt en suurstof te vervaardig, is dit kineties nie moontlik nie. Daar is nogtans ander reduksiemiddels soos titanium(III) in 'n HEDTA-kompleks wat 'n redoksreaksie sal veroorsaak.
|
afr_Latn_382
|
Gereformeerde kerk Christiana
Die Gereformeerde kerk Christiana is die derde oudste van die 30 gemeentes in die GKSA se Klassis Noordwes. Met 35 belydende en 12 dooplidmate in 2015 was dit toe ook die derde kleinste. Buiten die hoofdorp Christiana, sluit die gemeentegrense ook Hertzogville in.
|
afr_Latn_383
|
San Cristóbal de La Laguna
San Cristóbal de La Laguna is 'n stad geleë op die eiland Tenerife (Kanariese Eilande). Die stad het in 2009 'n bevolking van 150 661 gehad. Die ou stad is in 1999 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Dit is die tweede grootste stad van die eiland Tenerife, na die stad van Santa Cruz de Tenerife, waarmee dit 'n metropolitaanse gebied vorm. Dit is ook die derde grootste stad van die Kanariese Eilande, ná Santa Cruz de Tenerife en Las Palmas de Gran Canaria.
|
afr_Latn_384
|
Formiaat
'n Formiaat (van Latyn: formica mier) is 'n sout wat die organiese anioon HCOO⁻ of 'n ester wat die HCOO-group bevat. Die anioon is die suurres van mieresuur.
HCOO^{-} + H_2O \leftrightharpoons HCOOH + OH^{-}
|
afr_Latn_385
|
Gereformeerde kerk Clanwilliam
Die Gereformeerde kerk Clanwilliam is die oudste gemeente van die GKSA in die provinsie Wes-Kaap, waar alle Gereformeerde kerke saamgegroepeer is in die Klassis Boland.
Benewens die hoofdorp, Clanwilliam, waar die kerk staan, sluit die gemeentegrense ook onder meer die dorpe Citrusdal, Eendekuil, Elandsbaai, Klawer Lambertsbaai, Moorreesburg, Lutzville, Redelinghuys, Strandfontein, Vanrhynsdorp en Vredendal in die Wes-Kaap in, en onder meer Calvinia, Garies, Nieuwoudtville en Springbok in die Noord-Kaap. Ten spyte van dié reusegebied het die gemeente in 2015 76 belydende en sewe dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 38 en 32 in 1960 en 54 en 28 in 1997.
|
afr_Latn_386
|
Gereformeerde kerk Cradock/Somerset-Oos
Die Gereformeerde kerk Cradock/Somerset-Oos was die vyfde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Karoo-Kei. In 2015 het Cradock/Somerset-Oos net 20 belydende en twee dooplidmate gehad en was dit ook die kleinste van die 12 gemeentes in die Klassis. Buiten die twee hoofdorpe, Cradock en Somerset-Oos, sluit die gemeentegrense ook onder meer die dorpe Adelaide, Bedford en Cookhouse in.
Gereformeerde lidmate van Cradock is tot 1898 as verspreidwonendes van die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap, beskou, maar in daardie jaar het hulle 'n wyk met 'n eie ouderling geword. Vroeg in die 1960's het Cradock sy eie Gereformeerde kerk gekry al het die wyk Cradock, toe nog deel van Middelburg, in 1960 net 18 doop- en 25 belydende lidmate gehad. Die kerkgebou is veral opgerig met die oog daarop dat die Kerk hier moes omsien na die klompie Gereformeerde seuns aan die Hoër Landbouskool Marlow.
Prof. S.J. van der Walt het die kerkgebou se hoeksteen op 21 November 1964 gelê. Die argitek was ene P.A. Gouws en die bouaannemers B.F. Lutz en W. Smith. Die koste van die kerkgebou, met meublement ingesluit, het R10 644 beloop.
In 1972 (volgens die bron, maar dit moet waarskynlik 1962 wees) het Middelburg tydelike reëlings met Steynsburg getref om Cradock se bediening oor te neem, maar Cradock is net as wyk van Steynsburg bedien tot dit op 24 November 1964 'n selfstandige gemeente geword het.
Die aftrede van ds. D.H.P. Wijnbeek in 2012 was nie net 'n groot terugslag vir Steynsburg wat sedertdien vakant is nie, maar ook vir Cradock/Somerset-Oos, want hy het Cradock elke Sondag bedien en Somerset-Oos elke tweede Sondag. Hy was ook verantwoordelik vir die Gereformeerde kerk Molteno.
|
afr_Latn_387
|
Gereformeerde kerk Kriel
Die Gereformeerde kerk Kriel is die tweede jongste van die 10 gemeentes in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se Klassis Piet Retief. In 2015 was hier 68 belydende en 14 dooplidmate vir 'n sieletal van 82, vergeleke met die Klassis se gemiddelde van 183,1.
Die Gereformeerde kerk Kriel het op 22 Oktober 1977 van die Gereformeerde kerk Bethal afgestig. Aanvanklik is die eredienste in die Evkom-klubsaal gehou. Die kerkraad moes Sondagoggend eers die drankbottels en blikke gaan uitvee en die stoele regsit voor kerk. Ds. Van Vuuren van Bethal het daar kerk gehou met 'n groot Castle Lager-reklamebord reg agter die preekstoel. Later is eredienste in die Laerskool Onverwacht se skoolsaal gehou, maar in 1982 is dit verskuif na die tweede Afrikaansmediumskool op die dorp Kriel, naamlik Krielpark. In Maart 1986 het die nuwe sy huidige kerkgebou ingewy.
|
afr_Latn_388
|
Gereformeerde kerk Paarl
Die Gereformeerde kerk Paarl is die sewende oudste van die 20 gemeentes in die GKSA se Klassis Boland.
Die gemeente se middelpunt is op die Bolandse dorp Paarl, maar omdat Gereformeerde kerke in dié geweste dun gesaai is, sluit die gemeentegrense ook die dorpe Franschhoek, Hermon, Klapmuts, Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Porterville, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes, Saron, Tulbagh en Wellington in. In 1997 was hier 163 belydende en 88 dooplidmate en einde 2015 onderskeidelik 128 en 19. 'n Jaar later het die belydende lidmate met ses afgeneem tot 122, maar die dooplidmate met drie toegeneem tot 22.
Twee wyke van die Gereformeerde kerk Kaapstad het in November 1954 afgestig as die Gereformeerde kerk Worcester-Paarl. Aan die begin is eredienste een maal per maand op 'n Sondagmiddag in die Paarl gehou. Met 'n druiwestalletjie op die Druiwefees van 1954 is reeds begin met die geldinsameling vir 'n eie gebou. Op 23 April 1963 het Paarl en Worcester dan twee afsonderlike gemeentes geword met die Paarl se afstigting.
In die Paarl het die gemeente 'n erf bekom en het hulle met argitekte onderhandel oor die ontwerp van 'n kerkgebou. Die tender wat die kerkraad aanvaar het, het R26 640 beloop. Die hoeksteen is op 7 Desember 1963 gelê en enkele maande later is dié kerkgebou in gebruik geneem.
|
afr_Latn_389
|
Gereformeerde kerk Worcester
Die Gereformeerde kerk Worcester is die derde oudste van die gemeentes in die GKSA se Klassis Boland wat die hele provinsie Wes-Kaap en die noordwestelike uithoek van die Noord-Kaap beslaan. In 1997 het Worcester 208 belydende en 84 dooplidmate gehad, maar einde 2015 was dit onderskeidelik 133 en 31.
Die gemeente Worcester is op 28 November 1954 gestig as slegs die derde gemeente in wat later Klassis Boland sou word. In die reusegebied was daar destyds net 107 belydende en 87 dooplidmate, van wie die meeste in die Paarl gewoon het. Aan die begin het dit as Worcester-Paarl bekendgestaan omdat dié twee wyke gesamentlik van die Gereformeerde kerk Kaapstad afgestig het. Die Gereformeerde kerk Paarl het op 23 April 1963 van Worcester afgestig sodat die gemeentegrense nou (2016) buiten die hoofdorp, Worcester, ook Ashton, Barrydale, Bonnievale, Ceres, De Doorns, McGregor, Montagu, Rawsonville, Robertson, Sutherland, Villiersdorp en Wolseley insluit.
Aanvanklik het die lidmate van die samegestelde gemeente op Worcester in die Biesenbachsaal van die Skool vir Blindes eredienste gehou. Later is 'n erf oorkant die saal gekoop sodat dit vir blinde lidmate makliker sou wees om self by die kerk uit te kom. Die argitek Dirk Swart was verantwoordelik vir die bouplan en die bouaannemer was Jan Brand. Die gebou is in 'n A-raam gebou met reusagtige, gelamineerde houtbalke. Aan die noordekant is 'n baie groot venster met 'n uitsig op die Brandwagberge. P.A. Venter het die afwerking aan die banke en preekstoel gedoen. Die gebou bied sitplek aan 400 mense.
André Wattel van Kaapstad het die pyporrel gebou. Weens die grootte van die gemelde venster het die son se hitte die allooi van die orrelpype laat knak. Die pype is vervang en 'n houtafskorting voor die pype geplaas om die hitte af te keer. Die toring is in die Kaap van glasvesel vervaardig volgens die argitek se ontwerp. 'n Sterk wind het dit egter getref drie dae nadat dit opgerig is en 'n stuk daarvan het afgebreek. Dit is later herstel en eindelik verwyder.
|
afr_Latn_390
|
Hipochloriet
'n Hipochloriet is 'n sout wat die anioon ClO⁻ bevat, wat die suurres van onderchlorigsuur HOCl is.
Die chlooratoom het 'n oksidasietoestand van +1. Hipochloriete is sterk oksidante.
|
afr_Latn_391
|
Gereformeerde kerk Queenstown
Die Gereformeerde kerk Queenstown is die negende oudste van die 17 gemeentes in die GKSA se Klassis Burgersdorp, wat gekenmerk word deur besonder klein gemeentes. Al het Queenstown dus einde 2015 net 55 belydende en ses dooplidmate gehad, was sy sieletal van 61 net drie minder as die 14 tradisioneel wit gemeentes in dié Klassis se gemiddelde sieletal van 64. Die een swart en twee bruin gemeentes in dié Klassis se gemiddelde sieletal daarenteen was toe amper 270. In 1960 was Queenstown se sieletal 247, toe hier 139 belydende en 108 dooplidmate was, vergeleke met onderskeidelik 133 en 43 in 1997.
Die gemeente Queenstown is op 28 Maart 1936 gestig. Aan die begin is eredienste in die saal van die NG gemeente Queenstown gehou, die sysaal van die stadsaal en die Vrymesselaarslosie in Porterstraat. Later het lidmate ook in die sitkamer van suster Greyvenstein vir eredienste bymekaargekom.
In 1948 het die gemeente aan 'n eie kerkgebou begin beplan. Die hoeksteen is op 19 Maart 1949 gelê en die gebou in Augustus daardie jaar in gebruik geneem. In 1981 is die konsistorie vergroot om te dien as saal en die vooraansig van die gebou verander volgens 'n plan wat die Gereformeerde argitek Johan de Ridder opgestel het. Die ou kloktoring, wat 'n onderstel van 'n windpomp was, is vervang deur die hoofingangshek wat ontwerp is om as kloktoring te dien.
Buiten die hoofdorp, Queenstown, sluit die gemeentegrense onder meer ook Cathcart, Seymour, Sterkstroom (waar die Gereformeerde kerk Sterkstroom ontbind het), Tarkastad, Whittlesea en die voormalige Ciskei en Transkei (waar die Gereformeerde kerk Transkei van 1955 tot 1974 bestaan het) in.
|
afr_Latn_392
|
Gereformeerde kerk Wondersig
Die Gereformeerde kerk Wondersig was die 10de oudste van die 16 gemeentes in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se Klassis Lydenburg en met 'n sieletal van net 33 einde 2015, ook die tweede kleinste. In 1960 was hier 87 belydende en 75 dooplidmate en in 1997 onderskeidelik 101 en 49. In 2020 het net 16 lidmate oorgebly toe die gemeente steeds die naaskleinste in die klassis was.
Verspreidwonende lidmate in die oostelike dele van die Gereformeerde kerk Lydenburg het in 1953 van dié gemeente afgestig as die Gereformeerde kerk Graskop (later Graskop-Sabie). Destyds het hulle vir eredienste in huise en sale bymekaargekom. Nege jaar ná afstigting kon die gemeente in September 1964 sy eie kerkgebou inwy. Die bouer was ene Bester, wat verantwoordelik was vir die messel- en pleisterwerk asook die houtwerk, insluitende die banke en preekstoel. Die firma Malelane het die vier houtdeure vervaardig, wat Koos van Heerden geskenk het.
Dié gemeente, wat die plekke Sabie, Graskop, Hazyview, Bosbokrand, Blydepoort, Pelgrimsrus, Mangwazi en Bourke's Luck insluit, se naam is in 2000 na Wondersig verander. Die gemeente het op 26 November 2023 ontbind.
|
afr_Latn_393
|
Gereformeerde kerk Randfontein-Noord
Die Gereformeerde kerk Randfontein-Noord was 'n gemeente van die GKSA op die Wes-Randse dorp Randfontein, wat in 1997 198 belydende lidmate en 79 dooplidmate gehad het, vergeleke met die Gereformeerde kerk Randfontein se 286 en 92.
Die noordelike wyke van die moedergemeente Randfontein het op 7 Augustus 1983 as die Gereformeerde kerk Randfontein-Noord afgestig en mettertyd 'n eie kerkgebou opgerig by Robinaweg 16, Greenhills. In 2005 het dié gemeente ontbind en met die Gereformeerde kerk Randfontein herenig onder die nuwe naam Wesrand. Die oorspronklike gebou dien as die verenigde gemeente se kerk.
|
afr_Latn_394
|
Gereformeerde kerk Randfontein
Die Gereformeerde kerk Randfontein was die oudste gemeente van die GKSA op die Wes-Randse dorp Randfontein.
Die Gereformeerde kerk Randfontein het op 4 Junie 1950 van die Gereformeerde kerk Krugersdorp afgestig en aan die begin eredienste in die saal van die Laerskool Randfontein gehou. Vir Nagmaal het die lidmate in die plaaslike NG kerk byeengekom.
'n Kerkerf is van die stadsraad bekom, maar die kerkraad was ontevrede met die ligging daarvan en het dit vir twee beter erwe verruil. Die erf langsaan is ook gekoop. Beyers Hartman het die planne vir die nuwe kerk opgestel. Ou Mutual was bereid om 'n lening toe te staan en 'n lidmaat het 'n lening van Germiston-begrafnisondernemings bekom. Binne vier jaar van die gemeente se bestaan is die kerk opgerig en op 6 Maart 1954 het ds. C.J. van Vuuren die hoeksteen gelê. Dié gebou, in die destyds so gewilde tentstyl, is op 13 Maart 1954 ingewy.
Die binnemure is met houtpanele bedek. Maar alles het nie glad verloop nie, want die galery se eerste ry sitplekke was so laag dat lidmate wat daar gesit het, in die reling vasgekyk het. Eers 'n paar jaar later is die vloer gelig sodat die kerkgangers wat daar wou sit, oor die reling kon sien.
Op 7 Augustus 1983 het die gemeentes se noordelike wyke as die Gereformeerde kerk Randfontein-Noord afgestig en mettertyd 'n eie kerkgebou opgerig by Robinaweg 16, Greenhills. In 2005 het dié gemeente ontbind en met die Gereformeerde kerk Randfontein herenig onder die nuwe naam Wesrand. Die oorspronklike gebou dien as die verenigde gemeente se kerk.
In 1960 het Randfontein 435 en belydende en 447 dooplidmate gehad, in 1997 het die twee gemeentes se belydende lidmate saam 484 getel en die dooplidmate 171 en einde 2015 was daar 209 belydende en 36 dooplidmate in die gemeente Wesrand, vergeleke met 290 en 63 vyf jaar vantevore.
|
afr_Latn_395
|
Gereformeerde kerk Wesrand
Die Gereformeerde kerk Wesrand is 'n gemeente van die GKSA op die Wes-Randse dorp Randfontein.
Dié gemeente het in 2005 ontstaan nadat die gemeentes Randfontein (gestig in 1950) en Randfontein-Noord (van eersgenoemde afgestig in 1983) saamgesmelt het weens 'n afname in die getal Gereformeerdes op die dorp. Die saamgestelde gemeente gebruik die ou gemeente Randfontein se kerkgebou in Jakarandastraat, Homelake, Randfontein.
Nadat die Gereformeerde kerk Randfontein op 4 Junie 1950 van die Gereformeerde kerk Krugersdorp afgestig het, is aan die begin eredienste in die saal van die Laerskool Randfontein gehou. Vir Nagmaal het die lidmate in die plaaslike NG kerk byeengekom. 'n Kerkerf is van die stadsraad bekom, maar die kerkraad was ontevrede met die ligging daarvan en het dit vir twee beter erwe verruil. Die erf langsaan is ook gekoop. Beyers Hartman het die planne vir die nuwe kerk opgestel. Binne vier jaar van die gemeente se bestaan is die kerk opgerig en op 6 Maart 1954 het ds. C.J. van Vuuren die hoeksteen gelê. Dié gebou, in die destyds so gewilde tentstyl, is op 13 Maart 1954 ingewy.
In 1960 het Randfontein 435 en belydende en 447 dooplidmate gehad, in 1997 het die twee gemeentes se belydende lidmate saam 484 getel en die dooplidmate 171 en einde 2015 was daar 209 belydende en 36 dooplidmate in die gemeente Wesrand, vergeleke met 290 en 63 vyf jaar vantevore.
|
afr_Latn_396
|
Tik (rekenaartoepassing)
Tik is 'n proses waar teks geskryf word deur sleutels te druk op 'n tikmasjien, sleutelbord van 'n rekenaar, selfoon of 'n sakrekenaar. Dit kan onderskei word van ander vorme van teksinsette, soos deur te skryf met die hand en spraakherkenning. Die teks kan in die vorm van letters, nommers of simbole wees.
|
afr_Latn_397
|
Woody Allen
Woody Allen (gebore Allen Stewart Konigsberg op 30 November 1935) is 'n Amerikaanse draaiboekskrywer, regisseur en akteur van Joodse afkoms. Allen het vier Oscars, nege Bafta- en twee Golden Globe-pryse oor sy meer as 50 jaar lange loopbaan ontvang. Hy word as een van die mees gerespekteerde rolprentregisseurs van die moderne era beskou.
Allen skryf sy eie draaiboeke en hanteer self die regie van sy films, en speel ook in die meeste daarvan. Die meeste van sy prente is tragikomedies met 'n droë, dog humoristiese trant, dikwels oor inwoners van New York met verhoudingsprobleme. Hy speel baie keer die rol van 'n verwarde, angstige karakter met gebrekkige selfvertroue.
Van sy bekendste prente is Everything You Always Wanted to Know About Sex (1972), Annie Hall (1977) en Match Point (2005). Hy ontvang Oscars vir die regie en draaiboeke van Annie Hall (1978), Hannah and Her Sisters (1987) en Midnight in Paris (2012)
|
afr_Latn_398
|
David Bowie
David Robert Jones (8 Januarie 1947 – 10 Januarie 2016), bekend as David Bowie, was 'n Britse sanger, liedjieskrywer, instrumentalis, platevervaardiger, skilder en akteur. Bowie het in die 1970's groot sukses behaal en was vir langer as vier dekades 'n bekende figuur in popmusiek. Hy was bekend as 'n innoveerder, veral vir sy werk in die sewentigerjare. Sy androgene voorkoms was 'n ikoniese deel van sy beeld, veral in die sewentiger- en tagtigerjare. Hy is veral bekend vir sy rol as Ziggy Stardust, 'n karakter wat hy bedink het toe die album The Rise and Fall of Ziggy Stardust and the Spiders from Mars in 1972 vrygestel is. Van sy ander bekende albums is Heroes en Let's Dance.
|
afr_Latn_399
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.